‘7de Laan’ vier 22ste verjaarsdag

(Foto: verskaf)

Die geklingel van sjampanjeglase en koekvurkies weerklink deur die strate van Hillside.

Vir talle Suid-Afrikaners is 7de Laan ’n huishoudelike instelling en wanneer die deuntjie van die sepie begin speel, weet almal dit is tyd om voor die televisie te kom inskuif.

Die sepie vier Maandag 4 April sy 22ste verjaarsdag, wat dit een van SABC 2 se sepies maak wat een van die langste speelvakke op Suid-Afrikaanse televisie gehad het.

7de Laan is tans in sy 23ste seisoen en is, volgens kykersgetalle, steeds een van Suid-Afrika se gewildste sepies.

“Aangesien die samelewing steeds ten diepste van televisie afhanklik is vir vermaak, nuus, opvoeding, kultuur en dies meer, is dit verblydend vir ons om steeds ’n ruimte te vind waarin ons belangrike stories kan vertel wat kykers opgewonde is om te kyk en betrokke by te raak, veral wanneer hulle ‘n oorvloed inhoud het om van te kies,” sê Thandi Ramathesele, die uitvoerende vervaardiger van 7de Laan.

Die pad wat 7de Laan oor die afgelope twee dekades gestap het, was een wat uit talle kilometers vol kinkels bestaan het. Elke seisoen van dié sepie het sy hoogtepunte, of dit nou ʼn nuwe liefde, ’n sterfte, of ʼn troue is.

7de Laan sal voortgaan om nuwe maniere te vind om hierdie opwindende stories te vertel wat kykers die afgelope 22 jaar emosioneel aangegryp en betrokke gehou het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Vonkprop ·

Net mooi 21 jaar te lank. Ek mis ons ou akteurs en stories. Hulle was natuurlik, die nuwe generasie ‘act’ te veel.

Linda ·

Is daar nog mense wat na die absolute snert kyk? Jy het sover 238 dae van jou lewe gemors wat jy NOOIT weer sal terug kry nie, as jy die kaf al vir die afgelope 22 jaar kyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.