Afrikaans vat voor by Safta-benoemings

Die benoemings vir die 14de jaarlikse Saftas (Suid-Afrikaanse fliek-en televisietoekennings) is bekendgemaak.

Dié gesogte toekennings sal op 28 Maart by die Sandton Convention Centre in Johannesburg uitgedeel word.

Vanjaar het Afrikaanse televisieprogramme en rolprente weereens hul plek in die bedryf vol gestaan en ʼn groot aantal benoemings ontvang.

Arendsvlei, Getroud met Rugby, Suidooster, Binnelanders, Dwaalster en Alles Malan is onder meer in die televisie‑afdeling benoem, terwyl Poppie Nongena, Fiela se kind, Die verhaal van Racheltjie de Beer, ʼn Ander mens en Die seemeeu uitgeblink het in die rolprent-afdeling.

Hier is ʼn opgesomde lys van benoemings:

Beste programaanbieder

Thembisa Mdoda – 2 Families and A Wedding Dress

Anele Mdoda – Celebrity Game Night S1

Graeme Richards – Expresso Morning Show

Entle Bizane – Hectic on 3

Waldimar Pelser – KN Verslag in Gesprek

Sthembiso Dliwayo – Mi Kasi Su Kasi

Emo Adams – Noot vir Noot S44

Masechaba Ndlovu – The Big Secret Season 2

Christopher Jaftha – The Longest Date

 

Televisie

Beste regisseur – sepie

Binnelanders – Danie Joubert

Rhythm City – Eric Mogale

Scandal! – Chris Beasley, Sanele Zulu,Tsakani Mongwe en Sphamandla Ngcobo

Beste televisie-sepie

Rhythm City

Scandal!

Suidooster

Beste aktrise in ʼn sepie

Mapula Mafole, Rhythm City

Denise Newman, Suidooster

Baby Cele Maloka, Uzalo

Beste akteur in ʼn sepie

Nathaniel Ramabulana, Muvhango

Jamie Bartlett, Rhythm City

Bongile Mantsai, Scandal!

Beste regisseur – drama

Dwaalster – Jaco Bouwer

Lockdown 4 – Mandla Ngcongwane

The Republic – Johnny Barbuzano en Rea Rangaka

Beste televisiedrama

Lockdown

Spreeus

The Republic

Beste telenovela

Arendsvlei

Isibaya

The River

Beste aktrise – telenovela

Crystal Donna Roberts, Arendsvlei

Leleti Khanyile, Imbewu

Sindi Dlathu, The River

Beste akteur – telenovela

Roberto Kyle Meyer, Arendsvlei

Hamilton Dhlamini, Isithembiso

Presley Chweneyagae, The River

Beste kompetisie-realiteitsprogram

Kokkedoor

Nedbank Ke Yona Team Search

Ultimate Braai Master

Ultimate House Vibe

Beste program in internasionale formaat

Celebrity Game Night

Survivor SA: Island of Secrets

YO! MTV RAPS

Beste aktuele sake-program

Carte Blanche

Dying for Diamonds

Work Hazards

Best verskeidenheidsprogram

Die Ware Naarheid

Gospel Classics

Mooi

Beste vermaakprogram

Emo 30 Jaar In Musiek

Live Amp

Noot vir Noot

Best Lifestyle Programme

Dit Proe Soos Huis

Elders: Japan

Klankbord

Beste fliek vir televisie

Droomman

Stillenag

TIRO

 

Rolprente

Beste kortfliek

Die Begrafnis

Joko Ya Hao

The Letter Reader

Beste regisseur – speelfilm

Fiela se Kind – Brett Michael Innes

Knuckle City – Jahmil X.T. Qubeka

Poppie Nongena – Christiaan Olwagen

Beste aktrise in ʼn speelfilm

Sandra Prinsloo, Die Seemeeu

Zenobia Kloppers, Fiela se Kind

Clementine Mosimane, Poppie Nongena

Beste akteur in ʼn speelfilm

Albert Bakker, Die Seemeeu

Johannes Stephanus Bam, Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Bongile Mantsai, Knuckle City

Beste aktrise in ʼn ondersteunende rol vir ’n speelfilm

Cintaine Schutte, Die Seemeeu

Anna‑Mart van der Merwe, Poppie Nongena

Elize Dunster, Skemerson

Beste akteur in ʼn ondersteunende rol vir ’n speelfilm

Wayne van Rooyen, Fiela se Kind

Patrick Ndlovu, Knuckle City

Thembekile Komani, Knuckle City

Beste speelfilm

Die Verhaal van Racheltjie de Beer

Fiela se Kind

Poppie Nongena

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

BoerSonderRoer ·

Kan ek nou alweer Showmax kyk of boicot MultiChoice nogsteeds vir Steve Hofmeyr?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.