Die beste nuwe SA programme wat jy nou aanlyn kan kyk

Jy kan rustig agteroorsit vir ʼn paar uitstekende plaaslike stories met dié flieks en reekse met van die land se beste talent. Dit is alles nou op Showmax beskikbaar. Tot 31 Maart kan jy ook kykNET Live op Showmax kyk en op hoogte bly van jou gunstelingprogramme.

The Day We Didn’t Meet

Ou ontmoet meisie, weer, in The Day We Didn’t Meet, die storie van voormalige geliefdes Alex en Sam. Hul reünie is dalk absolute toeval, of dalk is dit die noodlot wat hulle nog een kans gee op liefde. In ʼn spel van “kom ons maak asof …” verander dinge onbeheersd en die twee moet voorgee hulle is ʼn ou getroude paartjie. Realiteit kom klop egter vinnig aan die deur totdat hulle uiteindelik nie meer skuiling kan vind in hul gefabriseerde fantasie nie.

Dié plaaslike romanse spog met Silwerskerm Beste Aktrise-wenner Lea Vivier (Dam) en Steven John Ward (Inconceivable). Kyk nou »

Griekwastad

Arnold Vosloo (Bosch, 24, The Mummy) en die opkomende tienerster Alex van Dyk (Die Stropers) is in die hoofrolle te sien in Griekwastad, wat die storie vertel van ʼn speurder se ondersoek na die gru-moorde op Deon en Christel Steenkamp en hul tienerdogter, Marthella, in 2012 op hul plaas Naauwhoek.

Die ysingwekkende fliek is gebaseer op Jacques Steenkamp se topverkoper waremisdaadverhaal Die Griekwastad Moorde: Die misdaad wat Suid-Afrika geruk het.

Die sterbelaaide rolverdeling sluit Trackers-sterre Sisanda Henna en Rolanda Marais, Safta-wenners Deon Lotz (Skoonheid), Crystal-Donna Roberts (Arendsvlei) en Jody Abrahams (Die Byl) in asook opkomende ster Jane de Wet (The Girl from St. Agnes). Kyk nou »

Poppie Nongena 

Christian Olwagen (Kanarie) bring vir ons Poppie Nongena, ʼn veelbekroonde verwerking van Elsa Joubert se klassieke boek. Dit vertel die roerende ware verhaal van die titelkarakter, ʼn huishulp wat desperaat poog om haar gesin bymekaar te hou terwyl sy die daaglikse struggle teen onmenslike regeringspasboekwette in die 1970’s in Suid-Afrika probeer oorleef. Kyk nou »

DAM S1

Die nuwe Showmax Original-reeks Dam is ʼn verdraaide en verwronge sielkundige riller wat deur vier keer Safta-wenner Alex Yazbek (The Wild, Unmarried, Isibaya) geskryf is. Yazbek het ook die regie behartig. Silwerskerm Beste Aktrise-wenner Lea Vivier (Wonderlus) is te sien as Yola Fischer, wat van Chili na die Oos-Kaap terugkeer om haar pa te begrawe. Sy ontdek hy het haar plaas vir haar agtergelaat, tot die frustrasie van haar suster, Sienna. Dit is dalk eerder meer van ʼn vloek as ʼn seën, want dit lyk of die huis vir haar iets probeer sê. Met haar ma in ʼn instansie en haar eie medikasie wat al hoe minder word, begin Yola wonder of die geeste werklik is of dalk net in haar kop.

Twee keer Safta-wenner Pallance Dladla (Shadow, Isibaya) is te sien as Themba, ʼn geheimsinnige voortvlugtige motorfietsryer. Wees ook op die uitkyk vir Hollywood-akteurs Neil Sandilands (The Flash, The 100, The Americans) en Natasha Loring (Beaver Falls); Safta-wenner Antoinette Louw (An Act of Defiance, Die Laaste Tango); 2020 Africa Movie Academy Award-genomineerde Faniswa Yisa (Blood Psalms, Knuckle City en Skin); aKing-lid Laudo Liebenberg (Black Sails, Die Byl) en Gerald Steyn (Meisies Wat Fluit, Fiela se Kind). Volg DAM vanaf 22 Februarie. 

Tali’s Baby Diary

In Tali’s Baby Diary, dwing ʼn onverwagse swangerskap Tali om ʼn desperate ommeswaai te maak van Insta-influencer tot heilsame momfluencer. Darren (Anton Taylor) en Rael (Comics’ Choice-genomineerde Glen Biderman-Pam, die genie agter die gewilde My Octopus Teacher-parodie, My Kreepy Teacher) navigeer die onseker waters van die Kaapstad-eiendomsbedryf. Soos wat die nege maande-horlosie afloop, moet Tali en die ouens belangrike vrae in die lewe beantwoord oor die lewe, liefde en ouerskap.

Nuwe gesigte dié seisoen sluit in Coconut Kelz en Danny K; skerpskertsers Kate Pinchuck, Kurt Schoonraad, Nik Rabinowitz en Tracy Klass; Safta-wenners Deon Lotz (Skoonheid, Trackers), Schalk Bezuidenhout (Kanarie, Hotel) en Siv Ngesi (Knuckle City en Showmax Originals Dam en binnekort Blood Psalms); en opkomende ster Shamilla Miller (The Girl From St Agnes, Blood & Water), saam met regte Suid-Afrikaans momfluences en Insta-persoonlikhede.

Die eerste vier episodes is vanaf 26 Februarie beskikbaar en die volgende ses episodes volg op 12 Maart. Kyk intussen Tali’s Wedding Diary om seker te maak jy is op hoogte »

Jungle Beat: The Movie 

Jungle Beat, ʼn animasieprent deur ʼn span waarby talle Suid-Afrikaners betrokke was, is ʼn fliek wat jonk en oud saam kan geniet.

Die diere word een oggend in die Afrika-oerwoud wakker, verbaas om te ontdek dat hulle kan praat. Hulle ontdek gou hoekom: ʼn ruimtewese het daar naby ʼn ongeluk gehad en hy is vasbeslote om die Aarde oor te neem. Gelukkig vir die diere en die planeet is hy ʼn onsuksesvolle veroweraar en Munki, Trunk en die bende ruïneer sy planne.

Nog probleme is egter op pad: die ruimtewese se pa.

Jungle Beat se YouTube-kanaal het reeds miljoene kykers wêreldwyd weens die oulike avonture van dié dierehelde. Kyk nou »

Betaal vir een maand van Showmax, kyk drie maande lank verniet

Kry ʼn drie maande lange intekening vir enige Showmax-pakket vir die prys van ʼn een maand-pakket.

Dis 12 weke se vermaak om jou 2021 na ʼn nuwe vlak te neem. Pakkette begin teen R49 vir Showmax Mobile, R99 vir Showmax, R225 vir Showmax Mobile Pro en R449 vir Showmax Pro. Dié aanbod is geldig tot 31 Maart 2021.  Lees meer »

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.