Húlle is die nuwe ‘Masterchef Australia’-aanbieders

Andey Allen, Melissa Leong en Jock Zonfrillo (Foto: Instagram)

Andy Allen, Melissa Leong en Jock Zonfrillo is onlangs aangewys as die nuwe aanbieders en beoordelaars van die bekende kosprogram Masterchef Australia.

Dié drie volg in die spore van die geliefde Masterchef-trio, George Calombaris, Matt Preston en Gary Mehigan, wat die program verlaat weens onsuksesvolle kontraktuele onderhandelinge. Die Australiese televisienetwerk Network 10 het vroeër vanjaar dié aangekondig gedoen.

Ná talle bespiegelinge oor wie die nuwe Masterchef-aanbieders sal wees, het Network 10 eindelik die kat uit die sak gelaat.

Andy Allen (31) het die vierde seisoen van Masterchef Australia gewen en hy is nou die eerste deelnemer aan die program wat die aanbiederrol inneem. Hy het ʼn restaurant, Three Blue Ducks, in Rosebery, Sydney. Voordat Allen Masterchef gewen het, was hy ʼn elektrisiën.

Melissa Leong (39) is ʼn kosskrywer, kookboek-redakteur en ʼn alombekende vermaak-ster in die kosbedryf. Sy was al voorheen op die televisieprogram The Chefs’ Line.

Jock Zonfrillo is in 2018 as Australië se witwarmste sjef aangewys. Sy restaurant Orana in Adelaide het dieselfde jaar die Good Food Guide se prys vir restaurant van die jaar ontvang.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Zettie ·

Ag sê tog wanneer begin die nuwe MC wys asb? Sien baie uit daarna.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.