Katlego Maboe pak nuwe hoofstuk aan

Katlego Maboe. (Foto: verskaf)

Alhoewel dit vir Katlego Maboe ’n senutergende oomblik was om sy aanbiederskoene weer aan te trek, sien hy uit na die nuwe avontuur wat in sy lewe voorlê.

“Ek dink dat daar ’n vlak van verwagting saam met die situasie kom, maar ek het in die afgelope twee jaar geleer dat daar krag in kalmte lê.”

Só sê die aanbieder en akteur aan Maroela Media ná hy Maandagoggend weer sy aanbiederspos by die gewilde kletsprogram, The Expresso Morning Show, hervat het.

Aantygings van huishoudelike geweld teen hom het Maboe (34) in 2020 gedwing om vir eers die pos te ontruim. Verskeie OUTsurance-advertensies waarin hy verskyn het, is ook gestaak.

Ná ’n uitgerekte regsproses is Maboe in Januarie vanjaar vrygespreek van die klagte teen hom.

Hy het die kollig op sy eerste “Hello” gestel en het opnuut daarop gefokus om bloot homself te wees.

“Ek vat dit een tree op ’n slag, net soos wat ek het toe ek net met die program begin het.”

Vir hom is dié program soos ’n huis, sy terugkeer dus ’n tuiskoms.

In dié nuwe hoofstuk in sy lewe gaan hy fokus om persoonlik te groei, en dit is ʼn pad waarop hy die afgelope paar jaar was.

“Ek wil graag ’n verskil in die gemeenskap rondom my maak, of dit deur die program is of nie. Die gemeenskap wat my met ongelooflike deernis deur die afgelope twee jaar bygestaan het.”

Dié gemeenskap beskryf hy as die mense wat hom deur die swaarste tye gedra het.

“Ek wil iemand van waarde vir die gemeenskap wees omdat hulle so baie al vir my gegee het.”

Hy het daarna uitgesien om die bekende gesigte van oudkollegas weer te sien en die kassie mee te deel. Dié deel hy ’n skatkis vol herinneringe wat deur die afgelope tien jaar versamel is mee.

“Dis baie moeilik om aan iemand te verduidelik hoe dit voel wanneer jy weggeneem word van die huis wat jy help bou het.”

Hy het veral daarna uitgesien om weer deel van die span te wees wat ’n Suid-Afrikaanse program skep waarop mense trots kan wees.

Hy sien diegene wat hom onomwonde ondersteun het as meer as blote aanhangers.

“Van die boodskappe wat ek van sommige mense af ontvang het, was gevul met deernis en ’n diep vlak van begrip vir waardeur ek besig was om te gaan.

“Ek noem hulle familie, die liefde en ondersteuning wat ek van hulle af ontvang het, is soos die wat in families gedeel word.”

Hy is ongelooflik dankbaar vir die ondersteuning wat hy van dié familie af ontvang.

“Dankie is nie genoeg nie. Dit sal nooit genoeg wees nie, ek hoop ek kan hulle trots maak. Ons almal ken die spreekwoord, It takes a village. My village is gevul met beeldskone, liefdevolle en deernisvolle mense wat elke dag saam met my stap. Yoh! Dit is werklik ongelooflik. Ek het tonne liefde vir hulle.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Duck ·

Ek dink nie jy lees Afrikaans se nuus blaaie nie maar indien jy ooit maroelamedia.co.za lees….”well done”
Vir iemand wat so verneder was (skuldig of onskuldig) en dit weer maak – haal my hoed af….Go for it KAT!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.