kykNET groet Aleit met laaste seisoen

(Foto: verskaf)

Aleit Swanepoel se breë glimlag en sprankelende persoonlikheid het diep in Suid-Afrikaners se harte gekruip met sy gewilde kletsprogram op kykNET, Tyd met Aleit.

Mense moes egter vroeër vanjaar van hom afskeid neem toe hy op 15 Mei aan ’n miokardiale infarksie, ’n soort hartaanval, dood is.

Die laaste seisoen van die ontslape aanbieder, omroeper en geleentheidsbeplanner se kletsprogram word van Saterdag 2 Julie om 18:00 op kykNET, DStv-kanaal 144, onder die vaandel van Die laaste tyd met Aleit uitgesaai.

Dié seisoen is ’n week voor sy dood klaar verfilm en word met toestemming van Swanepoel se familie uitgesaai.

“Ek glo dit is belangrik om klaar te maak waarmee ons begin het – Aleit sou niks minder van ons verwag het nie. Die laaste tyd met Aleit is ’n geleentheid vir Aleit om vir 13 weke in mense se sitkamers voort te leef,” het Jorrie van der Walt, die vervaardiger van die reeks, gesê.

Die eerste episode van dié reeks sal Swanepoel se ongelooflike menswees en sy lewensgrootte persoonlikheid wat hy op die kassie gedeel het, gedenk.

In die res van Die laaste tyd met Aleit, wat uit 13 episodes bestaan, besoek Aleit mense wat verskeie uitdagings in hul lewens oorkom het of wat ’n verskil in die wêreld maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Hannelie ·

Lees ek dubbeld? Moes twee keer kyk of ek twee keer myself herhaal

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.