Musiekdroom wink vir Binnelanders-akteur

Ramey Short as dr. Quinton Meyer in Binnelanders (Foto: Freddie Sauerman/Instagram)

Ramey Short, ook bekend as dr. Quinton Meyer in die gewilde sepie Binnelanders, sal eersdaags nie meer net aanhangers met sy akteursvernuf verower nie, maar ook met sy stem.

Short is tans aan die werk aan sy eerste solo-album, maar sy eerste enkelsnit, “Al wat ek kan sê”, laat alreeds die voete jeuk op radiostasies landswyd.

Short sê in ʼn onderhoud met Maroela Media musiek, soos die televisiebedryf, was nogal altyd een van sy passies. “Ek het nog altyd, vandat ek ʼn kind was, gesing en ek het daaroor gedroom om my eie album te maak. Maar ek het eers in 2016, toe ek vir eers by Binnelanders weg is, Kaap toe getrek en op my sang gefokus. Ek het toe ʼn stemafrigter gekry en dit ernstig begin opneem,” vertel hy.

“Voorheen het mense altyd vir my gesê ek moet dit nie doen nie, dat ek my naam gaan krater maak en dat mense vir my gaan lag, maar toe ek Kaap toe getrek het, kon ek my kop skoon kry, en ek het my droom begin bewaarheid.”

Die meeste van die musiek op Short se eerste album kom uit sy eie pen en hy sê elke liedjie op die album het vir hom ʼn spesiale betekenis.

“Dit is omdat daar soveel tyd in die vervaardiging daarvan ingegaan het. Ek is baie trots op hierdie eerste enkelsnit wat vrygestel word, omdat dit die eerste liedjie is wat ek geskryf het.”

Short het ’n spesifieke idee gehad vir die klank van die album, en wou iets nuut na die Suid-Afrikaanse musiekmark bring. “Ek sou die album beskryf as ’n vars bries met ’n internasionale geur. Dit is lekker kuier‑ en dansmusiek,” het hy gesê.

“Dit is ’n voetestamp storievertelling wat gebaseer is op boustene van hoop, liefde en inspirasie, en ek glo elke liedjie bevat ’n storie wat vertel moet word. Hopelik gaan elke luisteraar wegstap met ’n warm hart en ’n opgewonde, positiewe gesindheid wat hul lus vir die lewe weer gaan aanwakker.”

Ramey Short (Foto: Verskaf)

Short het tot dusver die album self gefinansier, en het ʼn projek op die skarefinansieringswebtuiste Thundafund begin sodat aanhangers wat hom wil help, dit op so ʼn manier kan doen.

“Dit kos ongeveer tussen R10 000 en R15 000 om een liedjie by ʼn goeie kwaliteit ateljee op te neem, en ek het tans sowat 20 liedjies wat ek dink goed genoeg vir die CD is. Mense kan op Thundafund die CD vooraf bestel om my sodoende te help om die CD klaar te maak,” sê hy.

Short het gesê hy glo in sy album en dat hy graag ook daarmee deur die land wil toer wanneer dit klaar is.

“Omdat al die liedjies op die album iets vir my beteken, en ek vas glo dat elke liedjie met die luisteraar sal praat, wil ek hê dat elke aanbieding ’n luisteraar op ’n reis sal neem. Elke liedjie is na my mening eerlik en opreg, en kan nie vergelyk word met die gewone bubblegum‑popmusiek wat aan die orde van die dag is nie.”

Short werk tans weer voltyds aan Binnelanders en bestee sy ekstra tyd daaraan om sy albumdroom te verwesenlik.

“Al my vrye tyd bestee ek aan die opname van hierdie projek. Soms het dit baie moeilik gegaan om hierdie droom te verwesenlik, want ek is nie iemand wat sommer net die eerste opname van ʼn liedjie aanvaar as die beste een nie. Ek is baie krities oor my werk,” erken hy.

Short se album het nog nie ʼn naam nie, maar hy vertel hy kry goeie terugvoer op voorskoue van liedjies wat hy reeds op sosiale media gedeel het.

Indien jy vir Short wil help om sy album klaar te maak, besoek die skarefinansieringswebtuiste en bestel vooraf ʼn CD hier.

https://www.thundafund.com/project/rameyshort__☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️☝️Nog baie mense wat gesê het hulle wil n album koop of pre-order & nog nie het nie! Hier is n video clip met 5 songs om jou idee te gee van hoe my album gaan klink!CLICK OP LINK HEELBO om my album te pre-order vandag nog!DAARS NOG NET 29 dae oor om my TARGET te bereik as ek my album wil voltooi!*** Mense in NAMIBIE hoef nie te worry nie, ek courier elke album individueel tensy daar n groot hoeveelheid albums byv. in Windhoek is kan ek meskien plan maak om te kom meet & greet & my album persoonlik te gee.Ek het 66 backers sover so… Whos with me & really backing/supporting me al the way?

Posted by Ramey Short on Thursday, March 21, 2019

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Sonja Alberts ·

Kan nie wag om te hoor hoe hy sing nie!!Hy’s darem so pragtig!!Mal oor hom in Binnelanders en sy karakter!!!

Bianca ·

Klink na “Bad Boys Blue” in Afrikaans. Dieselle klanke… Volg jou droom … Anything not easy, but everything is possible??❤

Bianca ·

Klink na “Bad Boys Blue” in Afrikaans. Dieselle klanke… Volg jou droom … Anything not easy, but everything is possible

Cornette ·

Ek kyk gladnie sepies nie so ek’t nog nooit van hom gehoor nie maar wow ek dink hy sing pragtig!
Ek’t na die kort video geluister en ek hou van wat ek hoor.
Voorspoed vir die pad vorentoe,Ramey!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.