Oudjoernalis en ‘Brandkluis-‘aanbieder sterf

‘n Skermgreep uit ‘n episode van “Die Brandkluis”

Marinus Wijnbeek, aanbieder van Die brandkluis, ʼn wetenskapprogram wat in die laat 1970’s gewild was op TV, is Sondag in die ouderdom van 80 in Nederland dood.

Sy vrou, Annatjie, het die nuus op Facebook bevestig en namens Wijnbeek sy dankbaarheid teenoor die SAUK uitgespreek.

Wijnbeek was ʼn bekende wetenskaplike, oudjoernalis van die destydse SAUK en televisieaanbieder.

Hy het sy BSc-graad aan die Universiteit van Potchefstroom sowel as ʼn BA-graad met geskiedenis en staatsleer as hoofvakke en ʼn honneursgraad in staatsleer aan die Randse Afrikaanse Universiteit verwerf.

Wijnbeek was vir nege jaar in die onderwys voordat hy by die SAUK as wetenskapredakteur begin werk het.

‘n Skermgreep uit ‘n episode van “Die Brandkluis”

Die brandkluis is in 1979 uitgesaai met ʼn totaal van vier reekse wat uit 13 episodes elk bestaan.

Wijnbeek is 1939 in Den Haag, Nederland, gebore en op tien hy saam met sy ouers na Suid-Afrika geïmmigreer. Hy en sy vrou, Annatjie, het in 1996 teruggekeer na Nederland.

Kyk hier na Die brandkluis-episodes op YouTube.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Piet ·

Onthou hom. Hy het die gawe gehad om sy vakgebied op ‘n interessante, eenvoudige en verstaanbare wyse aan die leek oor te dra. So ‘n onderwyser is goud werd.

Eclectus ·

Jô, hierdie man was begeesterd, het ‘n paar goed by hom geleer. RIV.

Niklaas ·

Die Brandkluis het ek destyds baie geniet, want Marinus het dit puik aangebied en jou aandag was voortdurend vasgevang . Ek het sommer baie geleer by hom. RIP

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.