Resensie: Kom verlustig jou in komedie oor baanbrekersjef

JULIA  
8/10
Met Sarah Lancashire en David Hyde Pierce
Skepper: Daniel Goldfarb
(Showmax)

Mensig! Is dit nou ʼn lekker reeks hierdie! Baie mense ken natuurlik die beroemde TV-sjef Julia Child. Sy het kookprogramme op televisie loshande ontwerp met haar gesellige, koeksistertannie-aanbieding, blosende wange en hoogdrawende manier van praat.

Sy was ook dierbaar en ʼn absolute baanbreker. Sy kom nog uit die dae toe vroue geen kans gehad het om entrepreneurs te wees nie, maar sy het nie nee vir ʼn antwoord gevat nie.

Haar lewe is al tevore uitgebeeld, onder andere deur Meryl Streep in die rolprent, Julia and Julia. Die reeks, Julia, is egter meer persoonlik, en verduidelik hoe sy struikelblokke oorkom het en pionierswerk op televisie gedoen het.

Haar eerste optrede voor die kameras is histeries. Dis haar luimige, gesellige gekwetter, warm menslikheid en liefde vir kos wat hierdie komiese dog deerniswekkende reeks na sukses stuur.

Sarah Lancashire is Julia Childs in ‘Julia’. (Foto: IMDb)

Jy sal sommer opgekikker en weer lus vir die lewe voel. Boonop is Sarah Lancashire perfek as die plomp sjef met die hart van goud.

Soos A Man Called Otto, sal Julia jou tydelik van korrupsie en beurtkrag laat vergeet, mits jy krag het om daarna te kyk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.