Resensie: Olifante deel hul geheime in emosionele dokkie-reeks

SECRETS OF THE ELEPHANTS                     
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐/10    
Met Natalie Portman as verteller
Regisseur: Verskeie
(DStv-kanaal 182 en Disney+)

Wanneer ‘n mens kyk na hoe motoriste dikwels olifante in die Kruger Nasionale Park en ander wildtuine hanteer, is dit noodsaaklik om na hierdie meesleurende vier episodes te kyk waarin daar op verskeie prikkelende en insiggewende wyses gekyk word na die rede vir olifante se optrede.

Die reeks is National Geographic se Secrets of the Elephants op DSTV Kanaal 182 en Disney+.

Elke episode verduidelik hoe olifante as ‘n familie funksioneer en dat sekere geluide en instinktiewe reaksies ‘n rede het. Die reeks vertel stories. Dit is nie net ‘n aframmel van feite nie. Dit verduidelik byvoorbeeld hoekom sommige olifante bome omstoot en ander nie, en hoekom hulle feitlik altyd beweeg en selde op een plek bly.

Daar is tans net sowat 25 groottand-olifante oor. (Foto: National Geographic vir Disney/Nichole Sobecki)

Dis die bydrae van spesialiste in olifantoptrede en hul verduidelikings, wat die program onmisbaar vir enige diereliefhebber maak.

Die styl is so boeiend en meevoerend, dat dit duidelik word dat olifante baie nader aan mense is as wat jy sou verwag. Die meesterlike kinematografie en redigering vertel ook elk hul eie storie.

Hierdie vier dokumentêre episodes sal jou dikwels sprakeloos en selfs emosioneel laat. Bewys jouself ‘n guns en raak verryk deur Secrets of the Elephants wat onmisbaar is. 10/10.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.