Resensie: Vraatkyk jou voorland met Nicole Kidman, Hugh Jackman in nuwe reeks

FARAWAY DOWNS
⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐⭐(8/10)
Met Nicole Kidman en Hugh Jackman
Regisseur: Baz Luhrmann
(Disney+)

Lekker is darem superlekker as jou rusbank se voetsteuner kan uitstoot en ʼn sloot in jou rusbank kan sit, letterlik net agteroorsit en toelaat dat ʼn storie oor jou spoel.

Dit is wat gebeur in Faraway Downs, die nuwe Australiese reeks deur Baz Luhrmann, met die pragtige Nicole Kidman en die macho, hardebaard, staalkabel-spiertier Hugh Jackman.

Na die dood van haar man, vertrek die aristokratiese Sarah na Australië om beheer oor haar oorlede man se plaas of ranch oor te neem, maar ʼn skurk wil die plaas bekom. ʼn Beestemmer, Hugh Jackman, staan saam met haar teen die skurk.

Nicole Kidman en Hugh Jackman in ‘Faraway Downs’. (Foto: IMDb)

Faraway Downs is supersoniese, lekker vermaak, waar ʼn stewige, sterk-gekonstrueerde storie, mooi mense, ʼn oorweldigende Australiese landskap, ʼn duisend beeste, en die plaaslike bevolking en hul gelowe, almal saamstaan om die woeste land te tem.

Jy raak heeltemal verlore in die storie, en sal sommer ál ses episodes in een naweek vraatkyk.

Faraway Downs – jy kry nie beter Kersvermaak as dit nie.

(8/10)

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

George ·

Dink nie ons het dieselfde gekyk as julle dit n 8/10 gee nie. Rotten Tomatoes sin is nader aan die waarheid.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.