Sepiegids: Charity, Johan neem moeilike besluit in ‘Diepe waters’; ʼn skurk bedreig die ‘Arendsvlei’-gemeenskap

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Pierre van Pletzen as Tokkie in “Arendsvlei”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 26 Februarie

Liam trek uit en Louis trek in. Henry sê vir Delia sy werk sal altyd eerste kom, en Tracy weier om so laag soos Conrad te daal. Nicolette deel slegte nuus, en Liam en Karen stamp koppe.

Dinsdag 27 Februarie

Te danke aan ʼn vriend het Tracy ʼn troefkaart om te speel. Liam kry meer verantwoordelikhede as waarvoor hy lus is. Bonnie glo daar is groot romanse aan die broei in Binneland.

Woensdag 28 Februarie

Annetjie se aand uit saam met Henry word in die wiele gery, en Louis en Naomi is baie bekommerd oor die groot geheim wat Tracy teen Conrad kan gebruik.

Donderdag 29 Februarie

Conrad kom voor ʼn morele krisis te staan, Annetjie voel verneder deur die gebeure van die vorige aand, en Febé se irritasie met haar nuwe huismaat begin opbou.

Vrydag 1 Maart

Karen veroorsaak dat Febé laat is vir werk. Delia druk Henry om meer betrokke te raak by Binneland. Tracy en Tertius kry verstommende nuus.

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 26 Februarie

Angie nooi nog mense om by Wade te kom joga doen. Danni begin weer by JPD werk en Nazeem hoor van Tim se frustrasies.

Dinsdag 27 Februarie

Danni en Siya probeer hulle verskille opsy skuif, terwyl Rhafiek skepties is oor Sammy se intensies. Tim probeer JPD se raad van iets oortuig en Wade gee nog ʼn jogaklas.

Woensdag 28 Februarie

Die Thuli’s is by ʼn kruispad en Mrs. J spring in om te help. Mymoena dink alles verloop goed met haar en Sammy, maar ontdek die teenoorgestelde.

Donderdag 29 Februarie

Mymoena maak vrede met Nazeem, maar die spanning tussen haar en Rhafiek kook oor. Brendan sukkel met die nuwe reëling tussen Siya en Danni, terwyl Tim al meer gefrustreerd met sy werk raak.

Vrydag 1 Maart

Zoë kry snuf in die neus omdat Tim so besig is. Mymoena en Sammy sukkel sonder mekaar, terwyl die Thuli’s probeer om dinge uit te praat.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 26 Februarie

Charity en Johan neem ʼn bitter moeilike besluit. ʼn Skokkende wending vind plaas tussen Rose, Wim en Lucy. Dinge raak weer warm tussen Sanet en ʼn man.

Dinsdag 27 Februarie

Wim kry ʼn brief van Lucy. Pam los ʼn probleem vir Henry op. Die swemmers van die Wêreldkampioenskap is terug. Sanet kry nuwe inspirasie.

Woensdag 28 Februarie

Sanet maak ʼn afspraak met Ben om haar idee te bespreek – en Mari sien hulle. Charity is op haar senuwees vir haar afspraak met Gys en Henno.

Donderdag 29 Februarie

Valencia is op ʼn missie om die Swarts-landgoed op te knap. Pam stamp koppe oor besigheid. Mari se renons in Sanet neem haar na ʼn donker plek.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 26 Februarie

Bompie laat vir Desmond glo dat dit maklik gaan wees om die IT-sentrum te bestuur. Koppe kan nie die leerders oorreed om by sy aanlyn onderneming betrokke te raak nie. Lionel voel Janice se teenwoordigheid in die huis en is gegooi daardeur.

Dinsdag 27 Februarie

Janice vind meer inligting uit oor die Galants se planne. Daniel ontmoet vir Danté en wil meer weet oor sy toekomsplanne. Beatrice en Kyle praat oor hulle verlede.

Woensdag, 28 Februarie

Janice en Lee-Roy is teleurgesteld oor ʼn aflewering wat nie plaasvind nie. ʼn Nuwe skurk bedreig die gemeenskap. Bianca sit haar voet neer ná Saartjie en haar nuwe kêrel dinge te ver vat.

Donderdag 29 Februarie

Janice en Lee-Roy probeer bewyse insamel oor die Galants se onwettige handelinge. Kyle neem aksie teen kriminele in die gemeenskap. Danté wil hê Saartjie moet eerlik wees met haar ma oor hulle toekomsplanne.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.