Sepiegids: Conrad onrustig oor Tracy se swangerskap in ‘Binnelanders’; Siya se leuen haal hom in in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Conrad (Hykie Berg) is onrustig oor Tracy se swangerskap in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 29 Januarie

Karen het ’n splinternuwe plan, en Uys kom uiteindelik agter die kap van die byl. Louis is hewig ontsteld wanneer hy besef van wie Naomi droom.

Dinsdag 30 Januarie

Louis bevind hom in ’n tweestryd, en Naomi weet nie hoe om met haar lewe voort te gaan nie. Karen vind uit wie vir haar kar betaal het, en Uys sny uiteindelik iemand uit sy lewe.

Woensdag 31 Januarie

Iemand is in polisie-aanhouding, en die media pla vir Steve oor sy broer. Liam hoor wat Karen volgende beplan, Naomi en Steve is geskok oor Brenda se storie, en Tracy haal die wind uit Tertius se seile.

Donderdag 1 Februarie

Karen het ʼn onderhoud vir nog ekstra inkomste, maar Febé is skepties. Delia sien toevallig Tracy se sonarfoto’s en blaker die bevalling se datum voor Conrad uit, en Naomi wil met alle mag weet wie haar skenker was.

Vrydag 2 Februarie

Conrad is onrustig oor Tracy se swangerskap, en die DNS van Naomi se hart word ontleed. Karen verbreek die reëls, en Steve maak ’n skokkende ontdekking.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 29 Januarie

Danni vind uit Siya was nie waar hy gesê het hy was nie, en Siya wroeg oor of hy vir haar die waarheid moet vertel. Zoe en Laylla sit vas oor werksdinge, terwyl Lee-Ann vir haar en Bianca opsaal met baie werk vir die swembadprojek.

Dinsdag 30 Januarie

Bianca en Lee-Ann ervaar teëspoed en Angie help vir Carlo met sy artikel. Siya se leuen haal hom in, terwyl Zoe iets skokkends ontdek.

Woensdag 31 Januarie

Danni sukkel om Siya se nuus te verwerk, terwyl Carlo se koerantberig hom tot raserny dryf. Nazeem is bekommerd oor Zoe se dreigemente en probeer Laylla ontmoedig om langer by JPD te werk.

Donderdag 1 Februarie

Bianca en Lee-Ann stamp koppe oor die fondsinsameling vir die swembad. Siya en Danni probeer vorentoe kyk, terwyl Nazeem angstig is om hom uit die voete te maak.

Vrydag 2 Februarie

Carlo is steeds op ʼn missie om die reis na Frankryk in te palm. Siya en Danni moet saamstaan om die nuus te verwerk, en Zoe wonder of sy vir Laylla die waarheid moet vertel.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 29 Januarie

Thandi en Valencia is in ʼn intense kompetisie gewikkel. Sanet worstel met nuutgevonde gevoelens en Zelda is beslis besig om iets in die mou te voer.

Dinsdag 30 Januarie

Gys se planne wil maar net nie van die grond afkom nie. Sanet se gevoelens eis sy eerste slagoffer. Spanning loop al hoër tussen Thandi en Valencia.

Woensdag 31 Januarie

Jacques kom agter die kap van die byl. Rossouw bevind hom in ʼn moeilike posisie. Zelda is vasbeslote om Gys se drome te vernietig.

Donderdag 1 Februarie

Zelda se wraak eis sy tol, terwyl Thandi en Valencia mekaar die stryd goed aansê vir die bestuurspos. Sanet se hart begin in ʼn interessante rigting draai.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 29 Januarie

Hein is bekommerd oor Birdy se gemoed ná haar aanval. Beatrice probeer die waarheid uit Abigail kry oor die wond op haar kop. Janice en Desmond lê hulle rekenaarprojek aan die skoolraad voor.

Dinsdag 30 Januarie

Karelse is nog besig om vir Bompie en sy soldate dop te hou. Beatrice kan Abigail nêrens vind nie. Desmond het ʼn verrassing vir die mense van Arendsvlei.

Woensdag 31 Januarie

Ayesha en Langes probeer Lionel gerusstel, maar hy kruip al hoe nader aan die afgrond. Beatrice span vir Kyle in om met Abigail te help. Hein en Nicolene word al hoe meer besorg oor hul naastes.

Donderdag 1 Februarie

Beatrice en Abigail kry nuwe hoop. Karelse sak toe op ʼn skollie. Thys is bekommerd oor hoe Desmond die skool infiltreer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.