Sepiegids: Keerpunt staar Gys in die gesig in ‘Diepe waters’; Rachel deel nuus oor Desmond in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Gys (Justin Strydom) in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 8 April

Delia voel vasgevang tussen die duiwel en die diep blou see. Rian en Gaby se vriendskap wissel tussen konflik en begrip. Tertius is genoodsaak om slegte nuus met ʼn pasiënt se naasbestaande te deel.

Dinsdag 9 April

Rian bied aan om Gaby se kursus te borg. Delia is in ʼn moeilike situasie – sy is lief vir Liam, maar sy het kennis oor Dawid wat hom kan seermaak.

Woensdag 10 April

Delia vra Liam se hulp om vir Dawid vas te trek, Naomi moet slegte nuus aan ʼn pasiënt oordra, en Gaby probeer haar bes om vir Rian weg te kruip.

Donderdag 11 April

Naomi kry slegte nuus, Elise maak groot moeilikheid by Tonik, en Delia konfronteer vir Lukas. Thalia wil hê Louis moet terugtrek huis toe, en Liam besef wat Delia nodig het.

Vrydag 12 April

Naomi en Louis besef hoe hulle oor mekaar voel. Tertius het ʼn plan met Elise, en Liam kom voor ʼn moeilike besluit te staan.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 8 April

Tim stuur sy slinkse plan saam met Nazeem van stapel. Die toekoms lyk duister in die Daniels-huis, en daar is ʼn insident by JPD.

Dinsdag 9 April

Danni vererg haar vir Siya, terwyl Susan woedend is omdat haar nuwe skoen gebreek het. Zoë konfronteer vir Bridgette – is dit oorlog?

Woensdag 10 April

Bridgette dink haar en Zoë se verhouding gaan ten volle herstel, terwyl Susan iets doen wat Justin briesend maak. Aiden vra vir Danni uit.

Donderdag, 11 April

Aiden is ernstig oor Danni, terwyl Siya ʼn laaste poging wil aanwend om met haar te versoen. Bridgette probeer Zoë op haar plek sit, maar dit vererger dinge.

Vrydag 12 April

Bridgette probeer vrede maak met Tim en Zoë, terwyl Angie woedend is wanneer Susan ʼn radio-insetsel oor haar besigheid doen. Aiden vra weer vir Danni uit, maar gaan sy swig?

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 8 April

Ben neem ʼn drastiese stap teen Mari ná haar geveg met Sanet. Arno kry ʼn skok oor Felicity. Thandi konfronteer Sam se pa.

Dinsdag 9 April

ʼn Keerpunt staar Gys in die gesig, en hy peins oor ʼn voorstel wat sy nalatenskap kan herdefinieer. ʼn Groot verlies tref vir Arno en Charity.

Woensdag 10 April

Gys werk aan sy veldtog, maar Anja het ʼn plan van haar eie. Tshepo verlang na sy bloedfamilie. Arno bou mure om homself.

Donderdag 11 April

Arno is vies wanneer hy besef Karla het hom met Chris bespreek. Thandi word trompop geloop deur Tiaan.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 8 April

Desmond wil vandag met Rachel trou, maar iemand steek ʼn stokkie voor dit. Lee-Roy help vir Sasha om Devon oor te wen. Eva vat ʼn groot risiko om vir Phyllis vas te trek.

Dinsdag 9 April

Dinge draai sleg uit vir Rachel ná Bompie se versoek. Phyllis stem in om vir Eva in die park te ontmoet. Adam gesels sy hart uit oor sy ma teenoor Abigail.

Woensdag 10 April

Eva gaan sien die staatsaanklaer oor die pad vorentoe. Rachel deel nuus oor Desmond met Bompie. Sasha ontdek dat Devon se oë op iemand anders in die Vlei is.

Donderdag 11 April

Audrey hou vir Janice fyn dop nadat sy met Desmond gepraat het. Lennie vind sy roeping. Lee-Roy is geskok wanneer hy iets oor Devon uitvind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.