Sepiegids: Kupido heel aktief in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Kupido heel aktief in ‘Arendsvlei’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 6 Februarie

Gaby gee vir Wendy ʼn idee, terwyl haar planne vir Karen skok. Genevieve het ʼn nuwe prooi in haar visier, en Soekie het vrae vir Conrad. Ewa kry ʼn ultimatum.

Dinsdag 7 Februarie

Steve wonder of hy die grootste fout van sy lewe maak, terwyl Annelize en Louis baie seker raak van hulle saak. Uys bespreek Lexi se vrese met Zee, en shooters maak die tonge los.

Woensdag 8 Februarie

Genevieve wil die raad sien, en Bronwyn konfronteer Steve met inligting. Gaby besef sy het dalk vir Tertius onder die bus gegooi. Soekie weet wat sy moet doen.

Donderdag 9 Februarie

Wendy neem ʼn groot besluit, terwyl Genevieve wondere met haar heuningkwas verrig. Steve se liefdeslewe is ʼn ramp, en Conrad kry die DNS-toets se uitslag. Soekie het ʼn bondgenoot.

Vrydag 10 Februarie

Vrede word nie maklik bewerkstellig nie. Soekie gee vir Annelize ʼn voorsmakie van wat die toekoms kan inhou, en Tracy besef wat fout is met Uys. Ewa .

Suidooster

Weekdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Februarie

Nazeem wys sy romantiese kant. Die situasie in die Daniels-huishouding begin weer ongemaklik raak as gevolg van Angie. Linda neem beheer van sake sonder om dit eers met Bennie te bespreek.

Dinsdag 7 Februarie

Chris, Elana en AB maak gereed vir oorlog. Bennie probeer hard om met die veranderinge in sy lewe tred te hou. Ty besluit genoeg is genoeg, terwyl Zoe weereens besef dat sy ʼn besluit moet neem.

Woensdag 8 Februarie

Bennie ervaar die druk van verantwoordelikheid. Die drie braaiers sê mekaar die stryd aan terwyl Nazeem sy lyf skaars probeer hou.

Donderdag 9 Februarie

Bennie wroeg oor of hy moet trek of nie. Nazeem daag by Bridgette se huis op en dinge is ongemaklik. Ty voel sleg oor hoe dinge vir Angie uitgewerk het.

Vrydag 10 Februarie

Nazeem probeer iemand beïndruk, terwyl Linda ʼn drastiese besluit neem. Elana daag vir Chris uit en Angie onthul iets skokkends aan Wade.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 6 Februarie

Stilte maak ʼn keuse by ʼn kruispad makliker, terwyl Sanet by Jacques raad soek. Lettie het ʼn nuwe uitdaging vir Henry, en Christelle deel skokkende nuus met Johan.

Dinsdag 7 Februarie

Sanet verneder Meghan, en Rossouw bevind homself in die hel. ʼn DNS-toets gee aanleiding tot ʼn vergadering. Christelle is desperaat om die waarheid te bewys.

Woensdag 8 Februarie

Christelle neem drastiese stappe, terwyl Johan se ontdekking hom dieper die verderf inlei. Karla en Nina het ʼn groot uitval, en Henry lol met Lettie se plan.

Donderdag 9 Februarie

Anja waarsku Rossouw oor Christelle, terwyl Sanet haar probeer intimideer. Dit is die dag van die groot gala en Gys en Zelda sê mekaar die stryd aan.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 6 Februarie

Thys en Gertie oortuig Beatrice om Anthony se aansoek te oorweeg. JP en Yvette se verhouding kry vlerke. Lionel vind iets groots uit wat die toekoms van die sokkerspan kan vernietig.

Dinsdag 7 Februarie

Thys en Gertie wil Anthony aanstel, maar Beatrice is onseker. Hein soek raad oor sy verhouding met Yvette. ʼn Voormalige sokkerster help Arendsvlei se span, maar daar is uitdagings.

Woensdag 8 Februarie

Ivy en Anthony is opgewonde oor hulle nuwe werk by Arendsvlei. Yvette betrap vir JP waar hy hande vashou met ʼn vrou in Mortlocks. Emile vertel vir Zane dat hy verlief is op twee vrouens.

Donderdag 9 Februarie

Witbooi hou aan om die Cupidos van nepotisme te beskuldig omdat hulle Anthony by die skool aangestel het. Emile en Ayesha beweeg nader aan mekaar. Yvette nooi JP vir ete.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.