Sepiegids: Louis, Naomi weer nader aan mekaar in ‘Binnelanders’; Mari dryf wig tussen Sanet, Ben in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Elise (Lindie Stander) vra vir Gaby om haar naam van Matrone se waglys af te haal in “Binnelanders”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 25 Maart

Dawid stel ʼn ultimatum aan Delia. Thalia se gekonkel wil ongelukkig nie resultate oplewer nie, en Gaby besluit om ʼn unieke werksaanbod te aanvaar.

Dinsdag 26 Maart

Naomi wag in spanning om te hoor of sy ʼn sekere pos gekry het. Rian en Tertius moet ʼn moeilike besluit oor Mimi’s se toekoms neem, en Liam is bekommerd oor sy pa.

Woensdag 27 Maart

Louis en Naomi beweeg ʼn tree nader aan mekaar. Brandon neem ʼn besluit wat Delia kan bevoordeel, en Gaby en Rian sit vas.

Donderdag 28 Maart

Naomi en Louis se verhouding verbeter. Rian ontferm hom oor Gaby wat lig aan die einde van die tonnel begin sien, en dit lyk asof Elise se plan kan werk.

Vrydag 29 Maart

Gaan Naomi en Louis dit maak? Dawid het ʼn openlike gesprek met Delia. Liam konfronteer Steve, en Steve is bekommerd dat iemand gaan bedank.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 25 Maart

Bridgette is geïrriteerd met Tim wat druk op Zoë plaas, terwyl Rhafiek weer ontsteld is oor Sammy. Lee-Ann maak ʼn voorstel aan Ty, maar dan neem hy ʼn skokkende besluit.

Dinsdag 26 Maart

Ty en Lee-Ann het moeilike besluite om te neem. Tim plaas druk op ʼn familielid om sy plan verder te voer, terwyl beide Rhafiek en Sammy wil vergoed vir hulle gedrag.

Woensdag 27 Maart

Mymoena is bekommerd dat Sammy Islam om die verkeerde rede volg. Tim is vasberade om ʼn familielid verder te gebruik om sy doel te bereik. Ty neem ʼn roekelose besluit.

Donderdag 28 Maart

Tim nader vir Siya met ʼn onmoontlike versoek, terwyl Zoë nie meer weet wat om te glo nie. Sammy deel iets met Mymoena wat haar asem wegslaan, en Ty doen iets skokkends.

Vrydag 29 Maart

Ty maak die meeste van Goeie Vrydag. Siya vertel vir Zoë die waarheid, en Sammy kry Mymoena se antwoord.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 25 Maart

Sanet is bang dat Mari se ontstellende gedrag ʼn wig tussen haar en Ben sal dryf. Felicity slaag daarin om vir Arno te manipuleer.

Dinsdag 26 Maart

Thandi het haar eerste beradingsessie met Sam. Charity het vrese oor kontak maak met haar pa. Sal die donker binne Mari die lig kan sien?

Woensdag 27 Maart

Charity en Arno kry slegte nuus. Mari skok almal deur ʼn spesiale geleentheid vir Sanet te reël. Thandi maak ʼn deurbraak met Sam.

Donderdag 28 Maart

Karla voel uit haar diepte met Arno se hartseer. Karla weet nie hoe om Arno se hartseer te hanteer nie. Thandi se sakeonderneming floreer, maar Zelda gee haar ʼn ultimatum. Valencia ontdek iets kommerwekkends.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 25 Maart

Adam trek uit by die Galant-huis. Lee-Roy het ʼn ernstige gesprek met Janice en Lionel. Eva het goeie nuus vir Lennie. Daar is struweling tussen Lee-Roy en Devon.

Dinsdag 26 Maart

Lennie is angstig oor Eva se paroolverhoor. Die aantrekking tussen Bompie en Rachel word al hoe duideliker. Lee-Roy bly skepties oor Devon se klasgeemetodes.

Woensdag 27 Maart

Eva sien uit na haar vryheid. Lee-Roy is gefrustreerd met Devon se inmengery. Bompie is siek vir Rachel se speletjies.

Donderdag, 28 Maart

Rachel en Bompie se passie vir mekaar raak gevaarlik. Janice en Beatrice verskil oor Adam se kans om Hoërskool Arendsvlei by te woon. Eva neem ’n besluit wat haar in gevaar kan stel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.