Sepiegids: Mensehandel, skokfoto’s in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Suzy in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 1 Mei

Danny wroeg oor wat hy vir Bronwyn moet sê, ’n vriendskap verdiep, en Nicolette probeer ’n alliansie vorm. Almal is geskok oor Henry se meisie, en Thalia wil Dubai toe gaan.

Dinsdag 2 Mei

Steve dring daarop aan om die raad te spreek. Twee Binnelanders het met ’n mensehandelsindikaat te doen, Steve kry slegte nuus, en Karen en Liam wonder oor Nicolette se agenda.

Woensdag 3 Mei

Dr. Louw word by Binneland verwelkom, Tracy probeer om inligting uit Thalia te kry, en Louis is ontsteld wanneer hy Rita gewaar. Die waarheid word van Louis en Naomi weerhou.

Donderdag 4 Mei

Liam konfronteer sy grootste vrees, en Tracy word gesmeek om inligting vir haarself te hou. Conrad word gekonfronteer, en foto’s laat Louis en Naomi se nekhare rys.

Vrydag 5 Mei

’n Wortel word voor Steve se neus gehang, Louis en Naomi wil polisie toe gaan, en Jeremy is bekommerd oor Nomfundo. Tracy kry skokkende nuus, en Henry het groot planne met Binneland.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 1 Mei

’n Geheimsinnige pakkie lei tot baie vrae, terwyl Ruiterbosch vir ʼn groot gebeurtenis gereed maak. ʼn Euweldaad skok die inwoners.

Dinsdag 2 Mei

Die koeël is deur die kerk en onheil tref Ruiterbosch. Bianca en Dirk se planne verander in ‘n nagmerrie.

Woensdag 3 Mei

Donker wolke pak oor Ruiterbosch saam en die inwoners staar ʼn onsekere toekoms in die gesig. Siya besef Brendan het die kerk se kollektegeld gesteel.

Donderdag 4 Mei

Gaan Ruiterbosch ooit weer dieselfde wees? Brendan se planne maak vir Carlo bang, en Siya soek raad by Ty oor hoe om ’n opstandige tiener te hanteer.

Vrydag 5 Mei

Ruiterbosch se inwoners sukkel om tot verhaal te kom. Daar lê ’n moeilike taak vir Siya voor. Zoe se hart word sag teenoor Nazeem, en Bianca neem uiteindelik haar besluit.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 1 Mei

Henry raak jaloers, terwyl Karla probeer om Sanet te oorreed om hulp te kry. Nina het iets om vir haar ouers te vertel. Kurt se ondersoek begin almal om te krap.

Dinsdag 2 Mei

Sanet vra vir Karla om oor ʼn ongeluk stil te bly. Rose besef sy werk aan ʼn saak wat ʼn impak op Tshepo mag hê. Johan dryf ʼn wig tussen Rossouw en Anja in.

Woensdag 3 Mei

Kurt ondervra Meghan en sy kry skokkende nuus. Zelda probeer haar gewig by die Swartmarlyne rondgooi. Kurt vra Jacques uit oor Meghan.

Donderdag 4 Mei

Rose sukkel om by haar nuwe werk aan te pas. Sanet se verhouding met die bottel dryf Karla tot breekpunt. Kurt werf inligting by interessante kandidate.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 1 Mei

Anthony verklap per ongeluk aan Rachel dat die skoolinspekteur met die Arendsvlei-personeel gaan vergader. Beatrice raai vir Saartjie aan om hulp vir haar verslawing te kry.

Dinsdag 2 Mei

Anthony neem uiteindelik daadwerklike stappe teen Rachel. Beatrice en Thys is gespanne oor die inspekteur se verslag. Lionel en Janice probeer Lennie help, maar sal hy die hulp aanvaar?

Woensdag 3 Mei

Rachel laat ’n gesondheidsinspekteur weet dat daar ’n kokkerotprobleem by die skool is. Tanner en Eva is erg verlief, maar moet die moeilike werklikheid van die lewe aanvaar.

Donderdag 4 Mei

Tanner maak ’n plan om vir hom en Eva kos te kry. Saartjie maak vordering met haar dwelmprobleem. Rachel probeer weereens om die skool op ’n onderduimse manier te ondermyn.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.