Sepiegids: Mymoena, Bridgette begrawe strydbyl in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Mymoena (Jill Levenberg) en Kaashifa (Jawaahier Petersen) in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 21 Augustus

Liam maak ʼn ontdekking wat hom dwars in die krop steek. Binneland se bekendste vrygesel neem ʼn groot besluit. Dawid se lojaliteit wankel. Delia is vasberade om eties op te tree, ten spyte van die koste.

Dinsdag 22 Augustus

Dawid wil hê iemand moet weer vredemaker speel, en Danny deel sy vrese met Febé. Delia neem ʼn besluit wat groot konflik ontlok.

Woensdag 23 Augustus

Tertius bied iemand werk aan, en Nicolette vat iemand aan. ʼn Dokter word in die media gepak, en Birdy se skuldgevoel raak gevaarlik. Delia vertel Steve die waarheid.

Donderdag 24 Augustus

Birdy is in ʼn toestand ná Liam se bekentenis. Danny bring die dag deur saam met die span van Ongevalle. Delia besluit tot hier toe en nie verder nie.

Vrydag 25 Augustus

Danny kry die kat aan die stert beet, en Uys is verbaas wanneer iemand hom verdedig. Birdy vertrek Kanada toe, en Delia begin die impak van haar dade voel. ʼn Dokter verdwyn skoonveld.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 21 Augustus

Carlo word geboelie, en Aiden maak ʼn slim plan met sy ekstra Wêreldbekerkaartjie. Susan trek uit die kommune, en Mymoena maak gereed vir haar onderhoud.

Dinsdag 22 Augustus

Justin moet ʼn besluit neem, en Angie waag ʼn groot kans. Daar word hard gesoek na Carlo se boelie, terwyl Mymoena en Bridgette vir ʼn oomblik die strydbyl begrawe.

Woensdag 23 Augustus

Mymoena is nie meer so gretig om aan die kompetisie deel te neem nie. Aiden sien hoe streng Kate met Justin is, terwyl Brendan die skroewe stywer draai.

Donderdag 24 Augustus

ʼn Ernstige insident skep probleme vir die Thuli- en Daniels-huishoudings. Justin wil Angie se rugbykaartjies gebruik om sy kamer in die kommune terug te kry. Bridgette verloor haar dryfkrag vir die kompetisie, maar kry dan onverwags ʼn nuwe idee.

Vrydag 25 Augustus

Lee-Ann en Ty probeer agter die kap van die byl kom, terwyl Bridgette sukkel om ʼn item en rok vir die eindronde van die kompetisie te kies. Wade leer ʼn waardevolle les.

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 21 Augustus

Johan plaas Karla voor ʼn moeilike kruispad. Wim en Rose stamp koppe oor Nina se toekoms. ʼn Misverstand skeur Lettie en Henry verder uitmekaar.

Dinsdag 22 Augustus

Arno deel nuus met Karla wat hul toekomsplanne kan verander. Lettie probeer Henry se hart wen. Nina se bekommernisse groei, en Johan doen iets vir Charity.

Woensdag, 23 Augustus

Rose haal haar woede op Anja uit. Karla pleit by Sanet om haar behoeftes beter te verstaan, terwyl Johan al hoe meer agterdogtig oor Charity raak.

Donderdag 24 Augustus

Die kinders vind uit Sanet het die vorige aand ʼn besoeker gehad, en Jacques is bekommerd oor Pam. Charity vind ʼn leidraad oor haar geheime weldoener.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 21 Augustus

Bompie dreig Eva om die waarheid oor Eddie se moord te vertel. Clint probeer uitvind hoekom Beatrice hom eenkant toe stoot. Bianca plaas Thys onder druk om haar stylvolle suster te beïndruk.

Dinsdag 22 Augustus

Eva voel vasgevang deur haar dilemma. Langes en Ayesha maak gereed vir trouklokke, en Beatrice is bekommerd oor haar toekoms met Clint.

Woensdag 23 Augustus

Langes en Ayesha se troudag het aangebreek. Bompie onthul Eva se geheim aan Lennie. Beatrice vertel Thys dat Abigail haar verhouding met Clint in gevaar stel.

Donderdag 24 Augustus

Lennie vind uit dat Tanner moontlik in Laingsburg is en pak ʼn soektog na sy broer aan. Spanning tussen Bianca en Zyla neem toe soos Thys en Zyla al hoe meer met mekaar in gemeen het. Beatrice is bekommerd dat haar verhouding nie Abigail se speletjies gaan oorleef nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.