Sepiegids: ʼn Soen lei tot verwarring in ‘Binnelanders’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Conrad en Margie (Mia-Anne O’Kennedy) in ‘Binnelanders’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 3 April

Annetjie is oorweldig en Elise troos haar, Dawid konfronteer vir At, en Nicolette vind uit van ’n leuen. Conrad kry die kat aan die stert beet.

Dinsdag 4 April

Elise het ’n idee vir Annetjie, en Zee kry ’n interessante aanbod. Conrad het ’n romantiese afspraak, en Liam is deurmekaar oor Dawid se besluit. Milan beskuldig iemand van moord.

Woensdag 5 April

Dis tyd vir ’n afspaak-speletjie, en Nicolette vind die waarheid uit oor Milan. Naomi moet hoor dat iemand weggaan, en ’n sappige storie word aan die media gelek.

Donderdag 6 April

Elise vra vir Annelize ‘n groot guns, en Tracy moet voorgee dat sy gelukkig is. Liam konfronteer Nicolette, en Dawid verdink haar ook. Tertius probeer om Tracy te troos.

Vrydag 7 April

At plant ’n saadjie oor Dawid, en Annelize voel eensamer. Almal word na ’n afskeidspartytjie toe genooi, en Tracy kry ’n lawwe idee. Liam soek antwoorde, en ’n soen lei tot verwarring.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 3 April

Chris gaan soek groener weivelde terwyl Bridgette aangevat word oor Eric. Brendan is glad nie gretig om in die pastorie te gaan bly nie.

Dinsdag 4 April

Wade word uiteindelik na een van Lillian se sosiale geleenthede genooi. Siya en Danni is senuweeagtig oor Brendan se verblyf by hulle. Bianca en Dirk neem ’n besluit wat groot gevolge inhou.

Woensdag 5 April

Bianca en AB sukkel om met mekaar oor die weg te kom, terwyl Dirk probeer om vrede te maak. Mrs. J sukkel met die gedagte dat Wade weggaan, en Angie kry ontstellende nuus.

Donderdag 6 April

Susan kry ’n onverwagse verrassing, terwyl Angie ’n onmoontlike besluit moet neem. Daar blyk hoop te wees vir Dirk en Bianca, maar gaan dit hou?

Vrydag 7 April

Dirk besluit dat dat tyd is om pad te gee. Mrs J moedig Lillian aan om oopkop te bly. Danni kry ’n groot verrassing wanneer sy by die apteek instap.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 3 April

Die groot onthulling van die aand is nie die enigste geheim wat na die oppervlak gebring word nie. In lig van die nuutste geheime, bepeins Jacques sy eie geheim.

Dinsdag 4 April

Die Swarts-familie probeer steeds die stukke optel na die groot onthulling, terwyl Sanet dit duidelik nie maklik gaan maak om die toekoms te trotseer nie.

Woensdag 5 April

Johan se skorsing is verby en hy’s baie opgewonde om by Frederich te begin. Rossouw en Gys raak in ‘n lelike konfrontasie betrokke, terwyl Sanet uithaak.

Donderdag 6 April

Arno word geruk wanneer hy iemand se lewe moet red. Anja moet vir Sanet uit ʼn moeilike situasie help. Die Swarts-familie is ontsteld oor Karla se ongeluk.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 3 April

Basil oortuig vir Simone om te kyk of Derrick ’n agtergrond van seksuele wangedrag het. Beatrice pleit by Rachel om ’n vergadering met die raad van WH&I te kry om die pad vorentoe te bepaal.

Dinsdag 4 April

Simone kry bevestiging oor Derrick se verlede en moet moeilike besluite neem. Rachel gaan voort met haar planne teen die Cupidos en Anthony voel skuldig oor sy betrokkenheid.

Woensdag 5 April

Simone probeer bewyse teen Derrick kry, maar sal die owerhede haar glo? Daniel en Saartjie sit vas, terwyl Eva geskeur voel tussen Lennie en Tanner.

Donderdag 6 April

Ivy moet uiteindelik die realiteit besef van alles wat Derrick gedoen het en die gevolge aanvaar. Eva is nie gelukkig oor die feit dat Ruby en Tanner van mekaar hou nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Alta Alleman ·

Ek wens so Conrad en Tracey kan weer n paartjie wees.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.