Sepiegids: Onaangename verrassing wag vir Gys in ‘Diepe waters’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Sandi Schultz as Zelda in ‘Diepe waters’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 31 Oktober

Gaby vervies haarself oor nuus oor Southern Hope, en Anoniem se identiteit word onthul. ʼn Uitnodiging oorweldig vir Tracy, terwyl Naomi weer hard moet praat om Binneland Stereo stiller te kry.

Dinsdag 1 November

Naomi is op soek na die waarheid, en Tracy maak seker Delia verstaan haar mooi. Slegte nuus is net die begin van ’n woordewisseling, en Scrabble het nie die gewenste uitwerking nie.

Woensdag 2 November

’n Soektog lei tot hartseer. ’n E-pos kan ’n lewe verander – of selfs red. Gaby is hartseer oor haar pa, Danny besef dat Zee dalk reg is oor liefde, en Karen gee vir Tracy raad.

Donderdag 3 November

Rian lees angstigheid verkeerd, terwyl Zee en Annetjie elkeen hul eie agenda het. Selma Rossouw is nie gelukkig met ’n besluit nie, en Tracy besef daar is ’n moontlike krisis met Tonik.

Vrydag 4 November

Die waarheid kompliseer die lewe, en Steve vra vir Conrad om met die kinders te praat. Goeie nuus word begroet met ewe slegte nuus, terwyl Steve nie sy ore kan glo nie.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 31 Oktober

Die hele Ruiterbosch probeer sin maak oor wat gebeur het. Justin is keelvol vir Susan se betrokkenheid by Elana, terwyl Lee-Ann in Bridgette se afwesigheid ’n groot besluit neem.

Dinsdag 1 November

Bridgette is terug ná haar vakansie. Justin is ontsteld omdat Susan nog moet voorgee dat sy en Elana getroud is. ’n Speurder is op soek na die waarheid agter die tweede moord in Ruiterbosch.

Woensdag 2 November

Junaid sê die een ding, maar doen presies die teenoorgestelde. Chris maak ’n skokonthulling, terwyl Elana en Nelia aan ou wonde begin krap.

Donderdag 3 November

Danni praat Siya moed in. Justin se frustrasie kook oor en Elana wil haar ma huis toe stuur.

Vrydag 4 November

Zoe het ’n noue ontkoming en die hele gemeenskap is op hete kole. Shahiema vind uit van Junaid se leun en Nelia besef daar was ’n groot misverstand.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 31 Oktober

Gys bederf vir Meghan ná die ongeluk met die hoop dat sy hom sal vergewe. Tannie Bybie verras Gys op ’n onaangename manier. Lettie gee vir Tshepo ’n oplossing vir sy geldelike probleme.

Dinsdag 1 November

Bybie doen die onvergeetlike met katastrofiese gevolge. Henry se geliefde hangertjie kry voete. Jacques gee vir Meghan waardevolle raad om haar pa se ondersteuning vir haar onderneming te kry.

Woensdag 2 November

Gys wil vir Bybie uit sy huis hê, Tshepo wil nie Henry se mafiapak na die matriekafskeid dra nie en Nina wonder hoe sy uit ’n krisis gaan kom.

Donderdag 3 November

Nina het nie ’n matriekafskeidrok nie, maar Karla mag dalk ʼn blink idee hê. Bybie help met die voorbereidings vir die partytjie voor die matriekafskeid – en help vir Tshepo.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 31 Oktober

Lennie moet vir Sandy vertel wat met Rikus gebeur het. Hein en Yvette probeer om geld bymekaar te maak om Natalie se aandeel van die bakkery te koop.

Dinsdag 1 November

Hein en Yvette kry ’n onaangename verrassing by die bakkery. Rikus skilder vir Lennie ’n verontrustende prentjie van hoe hy sy toekoms sien. Janice sukkel om haar miskraam te verwerk.

Woensdag 2 November

Thabied en Zuleika is onder die indruk dat die surrogaatskap praatjies oor en verby is. Sandy besoek vir Lennie en Yvette sê vir Hein dat sy ʼn besluit geneem het oor die bakkery.

Donderdag 3 November

Hein en Yvette vind ’n manier om finaal van Natalie ontslae te raak. Janice en Ayesha probeer hulle ouers oortuig om hulle besluit te aanvaar. Ezra erken aan Caleb hoe sy oor hom voel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.