Sepiegids: Rossouw se lewe in gevaar in ‘Diepe waters’; Langes se poging tot wraak loop skeef in ‘Arendsvlei’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Christia Visser as Candy in “Diepe waters”. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 12 Februarie

Karen se vriende is die silwer randjie om haar donker wolk, Nicolette kom uiteindelik agter die kap van die byl, en Delia verwag redelikheid van ʼn desperate Louis.

Dinsdag 13 Februarie

Tracy kom voor haar grootste nagmerrie te staan, en Naomi se verjaarsdag veroorsaak verdere spanning tussen haar en Louis. Uys probeer Annetjie oorreed om Karen genadig te wees.

Woensdag 14 Februarie

Naomi kry ʼn aangename verrassing, en dinge begin beter lyk vir Karen. Nicolette begin twyfel of sy die regte ding gedoen het.

Donderdag 15 Februarie

Bonnie hoor iets wat sy nie moet nie, en Conrad is op die oorlogspad. ʼn Poging van Liam om Karen te help, loop skeef. Naomi hoor met ontsteltenis van Louis se nuwe reëling met Delia.

Vrydag 16 Februarie

Conrad is oorgehaal om toesig oor Leah te kry, Delia besef hoe sleg die publisiteit oor die orgaansmokkelsaak is, en Annetjie word opgekommandeer. Louis begin dink hy het Naomi vir altyd verloor.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 12 Februarie

Danni en Siya pas aan met die baba in die huis, maar die toekoms bly onseker. Ty en Lee-Ann voel sleg ná Carlo se prestasie, terwyl daar ʼn groot kinkel in Nazeem se lewe is.

Dinsdag 13 Februarie

Rhafiek kry snuf in die neus oor ʼn ooggetuie. Danni kry bitter swaar om afskeid te neem van Mia, terwyl Carlo groot nuus vir sy familie en vriende het.

Woensdag 14 Februarie

Lee-Ann kry ʼn lawwe idee, terwyl Aiden se donker kant kop uitsteek. Nazeem tuimel verder die afgrond in wanneer sy familie hom versaak.

Donderdag 15 Februarie

Kate is in die wolke na Aiden se onderhandeling met Nazeem. Bridgette het ʼn afspraak met ʼn sjarmante man, terwyl Zoe met vuur speel.

Vrydag 16 Februarie

Zoe gaan uit haar pad uit om vir Nazeem by te staan, terwyl Danni en Siya verskil oor die pad vorentoe vir hulle as ʼn gesin. Bianca is nuuskierig oor Mymoena se nuwe vriend …

Diepe waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 12 Februarie

Rossouw word gestraf vir sy “fout”. Nina sukkel om ontstellende nuus te verwerk, en Wim deel ʼn teer oomblik met iemand. Thandi vra Valencia vir ʼn wapenstilstand.

Dinsdag 13 Februarie

Rossouw se lewe is in gevaar. Lucy maak Nina teen Rose op. Lettie is bekommerd oor haar verhouding met Valencia. Anja begin baie bekommerd raak oor Rossouw.

Woensdag 14 Februarie

Rose se wêreld word deur Lucy se inmengery op sy kop gedraai. Die kompetisie tussen Valencia en Thandi bereik ʼn hoogtepunt. Gaan Rossouw oorleef?

Donderdag 15 Februarie

Rossouw word gedwing om ʼn aaklige oproep te maak. Wim oorkom ʼn moeilike uitdaging met Sanet se hulp. Lettie en Thandi beraam ʼn plan met Valencia.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 12 Februarie

Langes se poging om vir Eva wraak te neem, loop lelik skeef. Abigail en Beatrice vier Clint se verjaarsdag met ʼn intieme seremonie, terwyl Kyle hulle ten volle ondersteun.

Dinsdag 13 Februarie

Janice is onseker hoe om die slegte nuus te hanteer. Beatrice ontvang ʼn onverwagte gas en Kyle voel hopeloos oor die geweld in die gemeenskap.

Woensdag 14 Februarie

Hein probeer vriende wees met Kyle. Lionel beken dat dinge te veel raak vir hom. Saartjie laat weet vir Bianca dat sy huis toe kom.

Donderdag 15 Februarie

Langes kry met sy grootste vyand te doen. Bianca en Thys berei voor vir Saartjie se aankoms. Beatrice wil met Kyle praat oor die nuwe gas wat by haar woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.