Sepiegids: Siya is desperaat om vir Zenobia in ‘Suidooster’ te vind

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kry jy weekliks ʼn voorsmakie van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Siya in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 10 April

Iemand haal die dag se hoofnuus, en dinge is ongemaklik in Tertius se woonstel. Liam is woedend, Conrad het vrae, en Tracy kry skokkende nuus. Gaby kry ’n oproep, en Milan kry bevele.

Dinsdag 11 April

At wil ’n verhouding herstel, en Tracy ontmoet Suzy. Annetjie is kwaad vir Elise, en Liam dink ’n verhouding is verby. Nicolette konfronteer vir Liam, en Uys het planne vir Danny.

Woensdag 12 April

Tracy merk iets op op Suzy se arms, Naomi is bekommerd oor Louis, en Karen word gewaarsku. ’n Openingsaand sorg vir opwinding, Thalia kry ’n geleentheid, en Suzy skrik haar boeglam.

Donderdag 13 April

Terwyl Louis en Naomi probeer om vir Thalia te waarsku, het Louis groter probleme. Letitia is bekommerd oor At, Tracy kry nuus oor Suzy, en Jaco raak agterdogtig. Die openingsaand is ’n ramp.

Vrydag 14 April

Annelize hoor ’n skinderstorie, en ’n geheim lek uit. Tracy soek na leidrade, en Conrad bied aan om vir Jaco te help. Annetjie voel verleë, en Tracy ontdek iets in haar kantoor.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 10 April

Bianca en Dirk sukkel met al die teenkanting teen hulle verhouding, en die Thulis besef hulle kan nie langer vir Brendan in die duister hou nie.

Dinsdag 11 April

Bianca stel Dirk voor aan Stella, terwyl Bridgette ’n mediastorm moet trotseer. Siya is desperaat om Zenobia te vind, en AB stel iemand by die apteek aan.

Woensdag 12 April

Bridgette probeer vrede met Eric maak terwyl Aiden blyplek soek. Siya is optimisties oor Zenobia, en Mymoena besef sy was verkeerd oor Bianca en Dirk.

Donderdag 13 April

Siya en Danni stamp koppe oor hulle verantwoordelikheid teenoor Brendan. Bridgette gee finaal op op Eric, en Bianca het nuwe uitdagings as gevolg van haar verhouding met Dirk.

Vrydag 14 April

Bianca en Dirk besluit om na hulle vriende uit te reik. Angie gee vir Mrs. J nuwe naels en Brendan is nie van plan om terug na Hope Town te gaan nie.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 10 April

Almal voel skuldig oor hulle aandeel in Karla se situasie. Meghan weet nie hoeveel langer sy kan voorgee nie, en Sanet is besig om beheer te verloor.

Dinsdag 11 April

Sanet en Rossouw se afspraak met Karla se dokter verloop nie volgens plan nie. Rose is nie gelukkig met Wim se vriendskap nie, en Tshepo gaan gebuk onder druk.

Woensdag 12 April

Rossouw en Sanet se gevegte raak lelik. Gys plaas druk op Nina en Tshepo, terwyl Johan sy beste lewe onderleiding van Friedrich lei.

Donderdag 13 April

Die groot dag van die streeksuitdunne breek aan, en ‘n paar onverwagse wendings vind in die swembad plaas. Die vonke spat tussen Tshepo en Nina.

Arendsvlei

Maandae tot Donderdae om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 10 April

Rachel het ontstellende nuus vir die Cupidos. Tanner en Ruby se verhouding ontwikkel verder en dit irriteer Eva. Lionel vrees sy en Janice se verhouding is in die moeilikheid.

Dinsdag 11 April

Rachel trap op Beatrice se tone en Anthony hou glad nie daarvan nie. Die Leigh-vrouens staar ’n onsekere toekoms in die gesig, en Saartjie verlei Daniel.

Woensdag 12 April

Cherry neem afskeid van haar vriende. Tanner maak sy hart oop teenoor Eva. Rachel wil al die skool se finansies met ’n fynkam deurgaan. Daniel voel skuldig oor sy aand saam met Saartjie.

Donderdag 13 April

Thys vermoed Saartjie is deurmekaar met dwelms, maar hoe gaan Bianca die nuus hanteer? Tanner, Lennie en Eva gaan op ’n uitstappie, maar Tanner verdwyn geheimsinnig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.