Sepiegids: ‘Suidooster’ se Tim, Nazeem beklink donker komplot

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

‘Suidooster’ se Tim en Nazeem. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weeksdae om 19:30 op kykNET

Maandag 10 Oktober

Danny lê ʼn bietjie inisiatief aan die dag, terwyl Rita haar in ʼn gevaarlike situasie bevind. At onthul die volgende stap in sy plan. Lukas se eerste dag maak ʼn paar mense gespanne.

Dinsdag 11 Oktober

ʼn Senuweeagtige Karen blaker ʼn geheim uit. Nuwe liefde het definisie nodig. Conrad rig ʼn waarskuwing aan Tracy, en Dawid se rekenaar is dalk net waar Jeremy sy konkrete bewyse kan vind.

Woensdag 12 Oktober

ʼn Skietery is dalk die laaste ding wat ʼn paartjie gaan oorleef. Liam se donker daad het dalk ʼn silwer randjie. Delia en Steve bring tyd saam deur. Conrad en Tracy se uitval het nagevolge.

Donderdag 13 Oktober

Lexi neem ʼn toenadering waar. Danny se reëlings steek Zee dwars in die krop. Terwyl Jeremy dink hulle moet vir Liam harder druk, vertel Dawid vir At wat sy grootste probleem met die plan is.

Vrydag 14 Oktober

Verhoudings is nie maklik nie, en des te meer as ʼn mens nie regtig weet waar ʼn mens staan nie. Conrad moet vir Sharon ʼn guns vra, terwyl Karen ernstig met Annelize praat oor Liam.

Suidooster

Weeksdae om 18:00 op kykNET en 18:30 op kykNET&kie

Maandag 10 Oktober

Dis die amptelike opening van die nuwe sap-kiosk. Elana is ooremosioneel en Carlo se plan om verantwoordelik te lyk, boemerang. Nazeem en Tim beklink hul donker komplot.

Dinsdag 11 Oktober

Zoe kry inligting wat Tim en Nazeem se plan met JPD kan ontspoor. Ty kry ’n blink idee om Carlo se beloftes oor ’n hondjie te toets, terwyl Elana nog slegte nuus oor haar familie kry.

Woensdag 12 Oktober

Danni hoor dat Siya en Anja saam uit was, terwyl Elana vir niemand vertel van die nuus wat sy gekry het nie. Tim probeer vir Zoe sag maak.

Donderdag 13 Oktober

Siya se dag ry wipplank met hom, terwyl Elana se naastes haar probeer ondersteun. Bridgette weier om nuwe verwikkeling by JPD te aanvaar, en stel iets drasties voor.

Vrydag 14 Oktober

Kate kan nie verstaan wat fout is met haar skons nie. Mrs. J reik uit na Elana en Carlo leer hoeveel werk dit is om ’n hond te was.

Diepe Waters

Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET

Maandag 10 Oktober

Zelda se geskenk aan Gys en Meghan ontstel vir Meghan. Henry is bang hy verloor sy werk ná hy per ongeluk een van Gys se kosbare trofeë omstamp en breek. Gys sit vir Zelda op haar plek.

Dinsdag 11 Oktober

Sanet probeer Meghan aan haar kant kry met ’n koek wat sy gebak het. Nina is steeds onseker of sy by Die Swart Marlyne moet aansluit en Karla probeer haar oortuig om wel deel van die span te word.

Woensdag 12 Oktober

Bybie en Meghan vind uiteindelik uit wat als in die geheime tas onder Gys en Meghan se bed is. Gys kry die perfekte fisioterapeut vir Die Swart Marlyne. Zelda voel al hoe sieker.

Donderdag 13 Oktober

Tshepo vind ’n manier om sy en Henry se geldnood te verlig. Pamela is verbaas om vir Arno by Die Swart Marlyne te sien. Sanet kry ’n dosis van haar eie medisyne.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 10 Oktober

Lennie en Eva se konsert is aan die gang. Janice is bekommerd dat Lionel te geheg raak aan Harley. Nicolene ontvang nóg hartseer nuus.

Dinsdag 11 Oktober

Yvette gaan uit haar pad om Nicolene te troos. Lionel raak melancholies wanneer hy Janice om Harley sien koer. Rikus vra vir Lennie ’n groot guns, wat konflik tussen hom en Eva veroorsaak.

Woensdag 12 Oktober

Rikus wil by Lennie en Eva intrek. Thys wil by Bianca intrek, maar dit vang haar onkant. Janice spog by Bianca hoe ’n wonderlike pa Lionel is. Karelse het slegte nuus vir Lionel.

Donderdag 13 Oktober

Janice vertel Lionel dat sy by haar ginekoloog was. Rikus se ware kleure kom na vore. Hein ontvang ’n besoek van iemand wat die bietjie wat hy oor het ook van hom wil wegvat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.