Sepiegids: Tragiese voorval ruk Jacobs-familie in ‘Suidooster’

Met Maroela Media en kykNET se sepiegids kan jy nou weekliks ʼn voorsmakie kry van die gebeure in jou gunstelingsepie.

Ivan Zimmermann in ‘Suidooster’. (Foto: Skermgreep)

Binnelanders

Weekdae om 19:30 op kykNET

Maandag 17 Januarie

ʼn Bekentenis is die pen wat uit die handgranaat getrek word, en Tertius is nie ingenome met Annelize se vermoede nie. Vicky se angstigheid gaan nie ongemerk verby nie.

Dinsdag 18 Januarie

Bronwyn moet Steve se vrese besweer, en Naomi se geduld word op die proef gestel. Vicky se vraag skok Tracy amper net so baie soos ʼn massiewe rekening.

Woensdag 19 Januarie

Tweede kanse is ʼn seldsame verskynsel. Annelize verwoord haar frustrasies terwyl Karen haar kommer uitspreek oor haar vriendin. ʼn Onderhoud en ʼn bekendstelling kan Louis se lewe verander.

Donderdag 20 Januarie

Conrad is bekommerd oor die toekoms, en Marissa maak ʼn baie groot belofte aan Lexi. Louis verras Naomi met ʼn besluit, terwyl Steve vrede moet maak met Jared s’n.

Vrydag 21 Januarie

Naomi druk op ʼn ou bekende se knoppie vir hulp, terwyl Uys ʼn onbekende nuweling ontmoet. Gaby se vrae lei tot nuwe bekommernisse, en Rian se navorsing trek iemand se aandag.

Suidooster

Weekdae om 18:30 op kykNET en kykNET&kie

Maandag 17 Januarie

Greg smeek Donovan om hulp, terwyl Chris nuwe inligting oor Ty en Wade se ouers kry. Kaashifa en Rhafiek moet ’n krisis oplos.

Dinsdag 18 Januarie

Bridgette se hele span moet George toe vlieg vir ’n voorlegging, en Greg sien ’n kans wat hy kan benut. Die Daniels-broers besoek hulle ouers se graf, maar Wade reageer vreemd.

Woensdag 19 Januarie

Bridgette en die res van die Jacobs-familie is geruk oor die tragiese voorval in hulle midde. Ty wil vir sy ouers grafstene laat opsit, en Rhafiek begin ongemaklike gevoelens ontwikkel.

Donderdag 20 Januarie

Greg is bekommerd dat sy geheim sal uitkom. Wade word selfs nog meer desperaat om sy ouers te vind, terwyl Rhafiek nie sy oë van Kaashifa kan afhou nie.

Vrydag 21 Januarie

Ty spook om sy familie bymekaar en veilig te hou, terwyl Rhafiek ’n groot kans waag. Greg is naby aan breekpunt, maar Nazeem kom met ’n oplossing.

Getroud met rugby

Weekdae om 18:00 op kykNET

Maandag 17 Januarie

Lienkie se bestaan stort in duie. Nico en Lulu sit vas oor die troue. Matt oorhandig waardevolle inligting aan Amanda.

Dinsdag 18 Januarie

Kristien word afgepers. Nesie konfronteer die Pompoms oor die selfoonboodskap. Lulu is onseker oor die troue.

Woensdag 19 Januarie

Festus leer vir Maryke en Bibi ’n nuwe vaardigheid. Die Pompoms kry ’n verrassing. Amanda se magsbeheptheid ruk handuit.

Donderdag 20 Januarie

Kristien en Lienkie toets Schalk se lojaliteit. Candice verwelkom haar eerste gaste op haar geselsprogram, ‘Klits en Klets’. Simon sit sy voet neer oor Nico se eise.

Vrydag 21 Januarie

Candice is moedeloos oor haar kletsprogram. Schalk het ’n verrassing vir Amanda. Die Pompoms is opgewonde oor die oudisies.

Arendsvlei

Maandag tot Donderdag om 19:30 op kykNET&kie

Maandag 17 Januarie

Ingrid raak verveeld en begin soek na opwinding. Nolan gee voor dat hy beter is, maar Daniel maak vir Ronel agterdogtig oor Nolan se vordering.

Dinsdag 18 Januarie

Lennie maak groot besluite. Beatrice en Clint se toekoms lyk rooskleurig. Debra en Langes bevind hulle in ʼn baie gevaarlike situasie.

Woensdag 19 Januarie

Langes, Eva en Debra sukkel om tot verhaal te kom ná die skietvoorval. Ingrid sê vir Lennie hoe sy oor Lennie se huweliksaansoek en ultimatum voel. Ronel kry ’n onaangename verrassing.

Donderdag 20 Januarie

Ingrid neem beheer van die ontvoering. Avukile kry ’n dosis van die waarheid van sy klasmaats en Eva voel soos ʼn las.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.