
(Foto: Days of Our Lives/Facebook)
Die SAUK het Maandag aangekondig dat talle gewilde Amerikaanse programme soos Days of our Lives en Survivor vanaf Julie op die openbare uitsaaier se kanale gestaak gaan word.
Dit volg nadat die SAUK vroeër vanjaar aangekondig het dat daar beoog word om ten minste 80% plaaslike inhoud op sy SABC1-, SABC2- en SABC3-kanale te beeldsaai.
Ander programme wat in die slag sal bly, is Minute to win it, The Amazing Race, Brooklyn Nine-Nine, The Exes, The Office, Whitney en Numb3rs.
Days of our Lives word sedert 1996 op dié kanale gebeeldsaai en is tot dusver die internasionale produksie wat die langste deur die SAUK uitgesaai is.
Dié sepie, tesame met die werklikheidsreeks Survivor, is jare reeds onder die 20 gewildste programme op die kanale en het onderskeidelik meer as 700 000 (Survivor) en een miljoen kykers.
The Bold and the Beautiful, die sepie se mededinger, gaan egter steeds gebeeldsaai word.
Die SAUK beplan glo om die Afternoon Express en Expresso-programme met ʼn halfuur te verleng, en ʼn rits nuwe programme en werklikheidsreekse wat plaaslik vervaardig word bekend te stel.
Brooklyn Nine-Nine, The Exes, The Office, Whitney en Numb3rs gaan na verwagting einde Junie gestaak word, terwyl kykers nog tot 4 Julie na Survivor en The Amazing Race kan kyk, en tot 20 Julie na Days of our Lives.
Geen heruitsendings van 7de Laan sal voortaan uitgesaai word nie, en die 12:00 tydgleuf vir klassieke aksiereekse gaan ook vanaf 4 Julie wegval.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
48 Kommentare
ai , moet ons nou nog tv lisensies betaal as dit al was wat ons na gekyk het….dink ek gaan my tv maar stukkend slaan…so jammer dat alles so moet eindig.
ek gaan nou opleiding in swart tale gee,as julle sal belangstel,want dit is waarop die sabc mik.
Ek vermoed DSTV se intekenare gaan met miljoene groei van nou af!!!
Verstaan julle nie wat julle besig is om te doen nie???!!! Duidelik nie!!!
Ek kan ongelukkig nie kla want ek is al vir jare ‘n roof kyker.