‘The Bachelorette SA’: Twee manne, een roos

Die deelnemers speel ‘n speletjie om uit te vind wie die beste by Qiniso pas (Foto: M-Net)

Daar wees geen gewone roosseremonie in Donderdagaand se episode van The Bachelorette SA nie. Qiniso het net twee manne na ʼn veel intiemer roosseremonie genooi, waar een van hulle binnekort die trekpas sal kry.

Vuyani Masego en Peter Roos was die ongelukkige manne wat vir dié seremonie gekies was.

Tydens dié episode het Qiniso en die oorblywende agt mans ʼn speletjie gespeel waar hulle probeer uitvind watter man die beste by Qiniso pas. Die mans moes vrae soos “Hoeveel kinders wil jy eendag hê?”, “Beskryf die perfekte aand by die huis saam met jou geliefde” en “Hoe lank moet mens wag voor jy trou?” beantwoord en dan kyk wie se antwoord die meeste ooreenstem met Qiniso se antwoord.

Qiniso en Gareth nadat hy die speletjie gewen het (Foto: M-Net)

Hoewel Gareth die kompetisie gewen het, was die aandag op Vuyani en Peter gefokus, omdat daar vrae was oor die egtheid van hul antwoorde.

Peter het op ʼn stadium vir die ander mans gesê Vuyani gee slegs antwoorde wat Qiniso wil hoor, en nie wat hy regtig voel nie.

Toe hulle die uitnodiging kry om na die intieme roosseremonie te gaan, was Peter onkant gevang en ontsteld.

“My hart het in my maag gesak. Dit voel nie lekker nie. Ek wonder net hoekom dit ek en Vuyani is,” het Peter gesê.

Vuyani het voor die seremonie gesê hy probeer koelkop bly, maar dat hy in sy binneste weet dit gaan baie moeilik wees.

Qiniso sal in volgende week se episode laat hoor wie sy sonder ʼn roos huis toe stuur. The Bachelorette SA is elke Donderdag om 19:30 op M-Net kanaal 101 te sien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.