Vete op kassie tussen ys, vuur binnekort terug

House of the Dragon, die voorvolgreeks op die gewilde Game of Thrones, is binnekort terug op die kassie met ʼn splinternuwe seisoen.

M-Net en Showmax het bevestig dat Suid-Afrikaanse aanhangers van dié wêreldbekende George R.R. Martin-skepping ook na die reeks op dié onderskeie platforms sal kan kyk.

Die amptelike lokprent vir die tweede seisoen is Saterdag uitgereik, en is reeds meer as 4,3 miljoen keer op YouTube gekyk.

House of the Dragon is geskoei op die boek Fire and Ice, en handel oor die geskiedenis van die fiktiewe Targaryen-familie, wat eens oor die koninkryk van die fantasiewêreld van Westeros geheers het.

Die nuwe seisoen sal na verwagting middel volgende jaar begin uitsaai.

Volgens Entertainment Weekly is Emma D’Arcy, Matt Smith, Matthew Needham, Eve Best, Rhys Ifans, en Phoebe Campbell weer in die rolverdeling te sien.

Kykers kan ook glo selfs nog meer drake in dié seisoen verwag.

“Ek is trots op wat ons met die eerste seisoen vermag het en is verheug oor die entoesiastiese reaksie van ons kykers,” het Miguel Sapochnik, regisseur van die eerste seisoen van die reeks, aan The Hollywood Reporter gesê.

Alan Taylor het in die tweede seisoen se regisseurstoel gesit.

Kyk hier na die amptelike lokprent vir House of the Dragon 2:

Bykomende bron: Business Insider

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.