Almal ontsteld oor manier hoe dié klant pizza eet

(Foto: Honest_Crust/Twittter)

ʼn Klant word ʼn “monster” genoem ná ʼn restaurant die ongewone manier gedeel het hoe die persoon sy pizza eet.

Wanneer dit by pizza kom, is daar uiteenlopende menings: Is pynappels aanvaarbaar op ʼn pizza? Mag mens ʼn groot pizza in een ete opeet? Moet dit ʼn dik of dun basis wees?

Een klant se manier hoe hy pizza eet, het egter ʼn groot bohaai tot gevolg gehad en talle sosialemediagebruikers het hul ontsteltenis uitgespreek die omstrede tegniek.

Honest Crust Sourdough Pizza, in Altrincham, Manchester in die Verenigde Koninkryk het die foto op Twitter gedeel. “2020, hoekom pynig jy ons só?” het die restaurant by die foto geskryf waar mens kan sien dat die persoon alles behalwe die korsie van die pizza geëet het.

“Hierdie persoon moet nooit pizza kry nie,” het een gebruiker gereageer. “Hierdie klant is ʼn monster,” het iemand anders geskryf. “Dis verkeerd op elke moontlike vlak! Watter tipe kreatuur doen dit?!”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Gerhardus ·

Dis belaglik om dié man te beledig en aan te vat oor die manier waarop hy sy Pizza eet. Daar is mense wat die korsies/kante van hulle snye brood ook afsny en net die binnekant eet. Ons is nog steeds individue met verskillende gewoontes. Ek glo glad nie aan “uniformity” nie. Ons is nie skape wat alles blindelings moet volg nie.

Wonder net ·

Dis mos nie asof hy die pizza verniet gekry het nie… hy het betaal vir dit en kan mos eet wat hy wil. Inteendeel, moet die restaurant sleg voel, want daai is groot korsies. As hulle die filling net bietjie verder sit, dan sal die mense nie soveel van die korsie mors nie. Al daaraan gedink….

Nella ·

Ek hou ook nie van die korsies nie. Gelukkig het ek n African Grey wat dit verslind

4ntj13 ·

1. Daar is geen vulsel bo-op hierdie deel nie.
2. Dis kol-kol verskroei en sulke verbrande stukke is karsinogenies. Ek sou dus nie eens dit vir my honde kon voer as dit in ʼn doggy bag gesit is nie.
Dus, dankie kliënt dat jy jou regte sinvol uitgeöefen het sodat ander dalk môre beter kos voorgesit kan word!

Phillip ·

Hy het sekker nie goeie tanne nie en kan nie harde goed eet nie

isabelle ·

ek stem as hy betaal daarvoor Sy keuse hoe hy dit wil eet……..Snaakse manier maar ek eet n burger van bo af (want ek hou nie van al groot happe neem of al die smaake tergelyk) al is dit nou n burger vir n rede

Mad Mike die Rhodesiër ·

Mmm… Miskien hou hy van vrugte en groente, maar nie van deeg nie… Of is hy sensitief vir die meel wat gebruik word! Oulik!

Mad Mike die Rhodesiër ·

Oulike storie! Miskien is hy allegies vir gluten!

Gawie ·

Ek dink die restaurant behoort hom te skaam – eerstens omdat hy so ‘n bohaai maak oor niks, maar meer nog, omdat hy sulke groot stukke van di pizza sonder vulsel voorsit. Meer as ‘n kwart van die pizza het nie vulsel op nie!

Heinrich ·

Hulle behoort skaam te kry omdat daar so baie korsie oop is; dit moes toe wees onder al die ‘toppings’!

Dirk ·

Hy betaal vir sy pizza,so hy kan seker maar eet soos hy wil..

Ellie ·

Ek is mal oor ‘n pizza se korsie, dis hoekom ek my pizza van die korsie se kant af begin eet!

Die Goodwoodianer ·

Die meeste mense wat so kritiek lewer op die persoon se manier van pizza-eet is óf sarkasties, óf deel van die “hashtag-bende” (wat ñ stuiwer wil ingooi vir alle “trending” sake).

Racheltjie Debeer ·

Daai korsie is gebrand, ek sou dit ook nie eet nie. Los die arme man uit, elke diertjie sy plesiertjie!

Kirst ·

As hulle vulsel op daardie hengse stuk deeg gesit het sou hy dit nie agtergelaat het nie. Die restaurante is lekker skelm. ‘n Groot pizza is eintlik ‘n medium met ‘n stuk kaal deeg rondom.

Car ·

Wat n voorreg om deel van Maroela Media te wees.
Geniet dit baie, veral resepte die Radio insluitings en sommer alles.
Dankbaar.
Groete
Carl 0814484319

Car ·

Indien n persoon nie sy bord ten volle ledig nie. So lank dit nie vermors was nie. Is dit seker nie n oortreding nie.

Kosie ·

Hoop hy eet nooit weer by daai Restaurant nie want hulle praat agteraf van kliente

Elsabe ·

Ag my hel…. monster! Die Ingelse se humor is so droog soos biltong. As jy vir jou kos betaal, eet jy soveel jy wil. As ek my chips wil los, is dit my keuse. Bleddie hel.

Karina ·

Ek stem saam met julle, die man het vir sy pizza betaal, hy kan dit eet soos hy wil. Daardie korsie is regtig baie dik.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.