As diere selfies neem …

(Grafika: jyo_john_mulloor/Instagram)

Kunsmatige intelligensie (KI)-kuns is al hoe meer gewild op sosiale media en gebruikers deel verskeie kunstige illustrasies.

Kunstenaar Jyo John Mulloor het ook op die wa gespring en ʼn rits grafika gedeel wat met KI gegenereer is. Dit is foto’s wat wys hoe dit sou lyk as diere selfies sou neem.

Die foto’s is gegenereer deur die KI-platform Midjourney en is op Mulloor se Instagram-profiel gedeel.

“Ek het onlangs selfies gedeel van my vriende uit die verlede, en toe ontvang ek ʼn rits nuwe selfies van reg oor die wêreld,” het hy by die plasing geskryf.

Daar is honde, katte, dolfyne, ape, perde, meerkatte, eekhorings en eende. In nog ʼn plasing deel hy selfies van bere, leeus, kameelperde, kamele en hase.

Gebruikers het sy kreatiwiteit geloof en laat weet hoe oulik die diere lyk.

Mulloor het ook al plasings gedeel van KI-gegenereerde selfies met Mahatma Gandhi, Moeder Teresa, Elvis Presley, Josef Stalin, Abraham Lincoln, Albert Einstein, Bob Marley, Che Guevara en nog vele meer.

Blaai gerus deur die foto’s op die verskillende plasings om al die diere se selfies te sien:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.