Baba se Disney-naam laat die wenkbroue lig

Aspoestertjie (Grafika via Wiki Fandom Cinderella)

Danielle Shap (45) sê sy het met ʼn glimlag die vorm oorhandig om haar tweede kind se naam te registreer. Dit het egter gou in ʼn frons verander toe die vrou, wat die registrasie hanteer, haar vreemd aangekyk het.

“Sy wou weet of ek ernstig is,” sê Danielle aan The Sun. “En toe sê sy ek moet eers ernstig daaroor nadink.”

Danielle, ʼn programbestuurder van Enfield in Londen, was geskok om te hoor dat haar dogtertjie dalk geterg sou word, maar sy het haar man bly staan.

“Ek het verduidelik die naam is tradisioneel en lieflik en haar gevra om bloot die papierwerk af te handel.”

Danielle het haar dogter Cinderella genoem en dit is ʼn naam waarvan sy nie wou afstand doen nie. “Ek het gedink dit sou ʼn sprokieservaring wees, maar toe word dit ʼn nagmerrie!”

Die dogtertjie se volle name is Lola Cinderella. Volgens Danielle is sy klokslag om middernag gebore en sy is haar prinsessie. “Ek was nie van plan om die naam vir enigiemand te verander nie.”

Dit was egter nie die einde van haar probleme nie. “Toe die klerk aanvaar dat ek nie van plan gaan verander nie, het sy verduidelik ek moet wag, want hulle moet bevestig of Cinderella nie dalk ʼn geregistreerde handelsmerk is nie. Ek was selfs nog meer geskok – ek wil nie ʼn maatskappy begin nie, ek wil net vir my dogtertjie ʼn naam gee!”

Uiteindelik het sy die groen lig ontvang vir die naam.

“Ek het gedink die bevalling gaan die moeilikste wees!” het die enkelma, nou van drie kinders, gesê.

Klein Cinderella is in Maart 2017 klokslag om middernag gebore. Haar eerste verjaarsdag het natuurlik ʼn Aspoestertjie-tema gehad.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

miche ·

Ek het al van die name Guilt, Purity, Anger, Gift, Prosperity ens. gehoor. Niks ook fout met Cinderella as naam nie.

Faraway ·

Noem haar net wat jy wil mamma . . . solank jy haar leer van n ander NAAM, DIE NAAM BO ELKE NAAM!

Ziggy ·

As sy Afrikaans was en die Afrikaanse naam vir Cinderella gebruik het, kon dit dalk ‘n tameletjie gewees het :-)

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.