Bruid wil hê gaste moet betaal

Argieffoto (Foto: StockSnap/Pixabay)

ʼn Student het haar tot sosiale media vir raad gewend nadat haar niggie aangekondig het sy gaan gaste vra om te betaal om haar troue by te woon.

Die 19-jarige student wou op Reddit by gebruikers weet of dit vir hulle ook ongewoon is. Haar 26-jarige niggie wil $50 (sowat R700) per persoon vra sodat gaste op ʼn eksklusiewe gastelys geplaas kon word. Die gaste kan die geld dan elektronies aan haar oorbetaal “sodat daar nie enige probleme is nie” en jy “nie op ʼn waglys geplaas word totdat ander gaste betaal het nie”.

Die student, wat haarself DaintySheep noem, het gesê sy het geweier om die toegangsgeld te betaal. “Ek het vir haar gesê ek sal nie kan kom nie, want dit is verregaande, maar dat ek haar alles van die beste toewens. [Die voornemende bruid] het toe my tannie gekontak en gesê ek is suinig en onbeskof. My ouers het ook aangebied om vir my kaartjie te betaal, maar ek het steeds geweier.”

Gebruikers het hul verbasing in die kommentaar uitgespreek. “Wow, gaan sy hulle vra om die skottelgoed ook te was?” wou een persoon weet. “As enigiemand suinig is, dan is dit sy!” sê ʼn ander. “Watter deel van ‘uitnodiging’ verstaan sy nie?” het nog ʼn persoon geskryf.

Dit is al ʼn gewoonte om eerder geld in ʼn koevert vir die bruid en bruidegom te gee eerder as ʼn tradisionele trougeskenk, maar meeste persone het gereken dit is ʼn ongewone scenario waar die bruid van mense verwag om te betaal om die troue by te woon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

83 Kommentare

Annie ·

Goeie idee, dan sal daar nie leë tafels by die onthaal wees nie!

Marlaw ·

Ek stem 100% saam. Dis ongelooflik baie geld wat ouers van die bruidspaar verloor, wanneer mense eenvoudig nie opdaag nie
Met my seun se troue het ons vir 10 mense betaal wat nie opgedaag het nie. Dit was basie R4000! As mense graag jou troue wil bywoon, sal hul nie ‘n probleem hê om te betaal nie.

Dis gewoonlik die wat net kom om te eet en te skinder, wat ‘n probleem sal hê. Of natuurlik die wat in elk geval geen trougeskenk gee nie. Verkoop eerder uitnodingskaartjies, en sê mense moet asb nie trougeskenke gee nie, omdat dit dan sommer dien as trougeskenk ook.

Spikkels ·

Ek stem sy moes net op die uitnodiging geskryf het indien jul die troue bywoon sal jul jul dep/Geld terug kry indien nie opdaag verbeur jy jou geld so verloor niemand.
My dogter se trou het daar 10 persone nie opgedaag ek wou hul ‘n rek stuur maar my dogter het my gekeer haar trou was baie duur en daai het my R15000.00 onnodig uit die sak gejaag

Celeste ·

Ons het in 2004 getrou en ons oorspronklike gastelys was 200+ mense. Ek besluit toe ek gaan nie vir ou oom betaal wat kerm oor droeë rys of taai vleis nie of dat die musiek te hard is nie.

Ons stuur toe uitnodiging aan almal, maar sê toe duidelik op die uitnodiging dat ons nie trou geskenke soek nie maar dat dit wel R150 per couple sal kos.

Die ou oom wat altyd kla het by die huis gebly en ons het 130 pêlle gehad wat tot 4uur die volgende oggend saam ons fees gevier het en tot vandag sê almal nog ons troue was die lekkerste.

Ina ·

Nee wat laat gaste betaal. Al ewig mense wat ni opdaag en n mens n klomp geld kos. Gee dit as n geskenk want dis so, gewoonlik daardi wat niks bydrae tot n geskenk

Vrygewige gas ·

Ek het so tydjie gelede by huisvriende gehoor dat ook na ‘n “self-betaal” troue genooi is , hoewel die bruidspaar meer as genoeg fondse gehad het om self vir elke gas te betaal. Groot was die verrassing toe die bruidegom tydens sy toespraak aankondig dat elke gas hul plekmatjie moet oplig; so wrintie se waarheid le elk een se “deposito” mooi netjies in ‘n koevertjie en wag. Daar was nie een oop sitplek nie en die gaste kon toe kroeg met die “bonus” besoek.

Estelle Kuys ·

Ek het ook al gehoor dat party mense die gaste n sekere bedrag vra, daag hul op kry hul die bedrag in n koevertjie terug by die troue. Ek dink dit is n puik idee.

Lolla ·

Jy aanvaar dan net nie die uitnodiging nie. Sy sal wel agterkom haar troue gaan nie gaste hê nie.

Charl ·

Nee, ons het dit gedoen en die mense wat daar was was die wat daar wou wees en wie ons daar wou he. Die wat nie gekom het nie was die mense wat jy voel jy moet nooi want hulle is famielie maar jy het hulle jare laas gesien.

Suid-Afrikaner ·

Sy moet maar lekker alleen trou. Eenvoudig. Trou en moenie onthaal hou nie. Dit was baie algemeen onder Afrikaners na die depressie, die twee Wereldoorloe en droogtes. Mense het nie geld gehad nie en het daar volgens geleef.

Meisie ·

Ek glo nie daars iets fout daarmee nie! Ek kyk ook om volgende jaar te trou.. Die idee is om ‘n “deposito” te betaal. Dan kry mens nie lee sitplekke om jou tafels nie, sodra die troue verby is sal die geld dan terug betaal word aan die gaste.. die wat nie opgedaag het nie kry nie hul geld terug nie! :)

Eish ·

Ja, dis belaglik wat bruide deesdae vir rok, ens. en ook vir onthaal betaal. Dan kla hulle as hul die predikant,(wat belangrikste deel doen), moet betaal, wat soms ook baie kilometers moet ry na die luukse onthaalplek.

Michelle ·

Ek stem. Want jy kry mense wat mense sommer saambring wat nie deel vd gaste lys was. Vra maar gerus n Dep.

Ellie ·

Ek ken ‘n bruidspaar wat dit al gedoen het. Hulle kon dood eenvoudig nie bekostig om te trou en vir 60 mense se ete te betaal nie – en het dus gevra mense moet ongeveer R500 betaal pp in die plek van ‘n koevert. As jy nie bereid is om te betaal nie – fine moenie gaan nie.

vonnie ·

nee wat, as jy nie die geld het vir ‘n grênd troue met 60 gaste nie, dan doen jy eerder ‘n klein troue. vinger ete na die tyd. almal wil mos altyd die Jones’ wees!

Vrygesel ·

Nou hoekom sal ek wil betaal om te sien hoe n man sy vryheid wegteken? Dis soos om te kyk hoe n wilde perd ingebreek word. Effens hartseer.

Weskusnooi ·

Vrygesel, sover ek weet, kies ‘n man om te trou.
Niemand, maar niemand hou ‘n rewolwer by sy kop nie.

bokka ·

Weskus-nooi. Jy sal verbaas wees hoeveel druk ‘n familie op jou sal sit. Gelukkig besef hulle na ‘n lang tyd dit gaan net nie gebeur nie…maar jy kan verseker wees hulle gaan steeds onderlings skinder oor die hoekom nie.

Linda ·

Maar jy sal gratis gaan en kla daarna.
Ek stem saam. Almal kan help betaal.

Hanlie Kuhn ·

Ja nee sy sal maar allenig bruilof hou. Hoop syt n groot genoeg deepfreeze om al daai kos te vries.

Jenny ·

Nee wat dit is absurd!!! Dit n uitnodiging jy kan nie van jou gaste verwag om te betaal nie. Die jonges van vandag ken absoluut niks van ETIKET af kan dit gerus op skole vir kinders leer ipv seks onderrig

Liesel ·

Deesdae raak troues belaglik, ek dien niks fout daarmee nie, maar glo n bedrag moet darem redelik wees.
n paar jaar terug het ons trou venue bankkrot geraak omtrent n maand voor ons troue en moes n ander plan maak, ons gaste het per kop vir hulsself betaal, maar ek moet ook byse dit was omtremt R120 per persoon

Weskusnooi ·

Ek was jare gelede by ‘n studentevriendin se troue waar hulle gevra het om by te dra. Die ouers kon dit nie betaal het nie.
Ek sien nie ‘n probleem nie, solank die bedrag nie buitensporig hoog is nie.

Maar as almal betaal om die troue by te woon, is die geld vir geskenke seker min???

In die donker ·

Ons was genooi vir ‘n 40se verjaarsdag. By die venue aangekom toe moes ons vir ons kos betaal voor ons gaan sit. Tot ons verbasing was dit toe ‘n troue…Ons was lekker gevang.
Ons sou seker omgedraai het en huis toe gegaan het as ons nie die fondse gehad het nie.
…Wil ook net se die huwelik het nie gehou nie.

Armand ·

As jy nie die troue kan bekostig nie, hoe gaan jy nog vir haar en toekomstige kinders kan sorg?

Nico K ·

Seker nie ‘n probleem daar mee nie. Dan kry sy net die wat wil kom. (Nie daai agterkleinneef wat jy laas gesien het toe jy 6 was.) Troues is regtig belaglik duur. Ek persoonlik sal nie sommer gaan as ek self moet betaal nie. Hoekom dit nie net goedkoop hou nie. Ek was al by troues wat net tee en eetgoed na die tyd bedien het. En ek het baie lekkerder gekuier as by van daai duur okkasies.

Piet ·

Dis onnodig dat troues so belaglik buitensporig moet wees. Vriende van my het die bruilofseremonie in die kerk gehad en daarna ‘n heerlike braai waar hulle al die bykosse voorsien het en die gaste hulle eie vleis en drank. Was een van die lekkerste troues wat ek al bygewoon het. Dit sal die bruidspaar baie beter baat om die geld wat hulle spandeer op ‘n troue te gebruik om hulle toekoms mee te begin bv ‘n deposito op ‘n huis.

Mandie ·

My skoonma en skoonsussie het ons troue gereël, omdat ons nie ‘n groot troue kon bekostig nie. Ons wou sommer in die hof trou, maar hulle wou niks weet nie. Ons gaste het almal hul informele klere gedra en ons het ‘n bring en braai troue gehad. Dit was seker die lekkerste troue tot nog toe en die gaste het letterlik gebly tot 04:00 die volgende oggend. Ek het al troues bygewoon wat drduisende gekos het en dan sit almal stywe bolip daar n lyk of hulle gepynig word.

Nieperdekoop ·

Ek was in 2018 by ‘n troue wat R300 000 gekos het. Die paartjie is reeds weer geskei. Duur troues is kale akkies.

charmaine ·

Armand goeie vraag, as jy wil trou klein of goort betaal die bruidspaar en die ouers aan albei kante dis wat ons met ons seun se troue gedoen het. As jy dit nie kan bekostig nie trou in die hof, en soos Armand vra wie gaan vir die mense se toekomstige kinders sorg of vir hulle self? Nee vir die voorstel.

Zettie ·

As ek sou instem om so ‘n belaglike bedrag te betaal om ‘n vriend/vriendin/familielid, WAT MY GENOOI HET, se troue by te woon, sal die betaling sommer die trougeskenk ook wees……..nee wat……dis die mensdom se eie skuld dat troues en bykomstighede so uitspattig duur is. Hule het dit toegelaat en nou is daar ‘n mark daarvoor geskep……die lekkerste troue wat ek al bygewoon het was ‘n dood eenvoudige diens in die kerk, met ‘n heerlike spitbraai op die vader van die bruid se plot en heel informeel! Het nog nie weer so ‘n lekker troue en onthaal bygewoon nie.

Ano ·

Stem 100% saam met dep per gas want alles is duur en mense antw nie of daag nie op nie en die arme bruidspaar moet opdok
Gee dep terug na die troue .

Trou is nie perde koop ·

Ek sal vir die troue betaal as hulle n internasionale rock band of simfonie orkes het by die onthaal, maar andersom gaan ek nie, Mense moenie worry oor duur fancy troues nie, worry eerder om die res van die lewe saam te wees en nie nog n egskeiding statistieke word nie

Stormrider ·

Die pa is seker heel verlig oor sy dogter se reëlings!

PJN ·

Trou voor die Landros as jy nie vir jou troue kan betaal nie. Moenie ander mense opsaal met jou kostes vir die onthaal en wie weet wat alles vir die ritueel nie.

RK ·

Wel my kind trou een van die dae en ons het besluit om na ‘n restaurant te gaan waar elke persoon betaal vir sy of haar kos en drankies… Daar sal sjampanje wees wat ons betaal. Troues het deesdae’ n malheid geword!! Ons het besluit om dit so te doen omdat ons eerste kind se troue het ons R620 per kop betaal en 12 mense het nie opgedaag nie! Geen verskoning aangebied nie! So die wat so aangaan oor “as daar nie geld is vir troue nie, hoe gaan daar geld vir kinders?” Ons spandeer liewer meer geld op rok fotos en dinge wat ewig hou as om te betaal vir gaste wat nie opdaag nie! Ons spandeer dit liewer om hulle te help ‘n verband betaal of kar aflos of iets wat HULLE waarde gee!! Gaan laaaankal nie meer oor die gaste en skinner stories na die tyd nie… Gaan oor die mooiste dag in’ n paartjie se lewe deel…nie oor die gratis party nie!

Linda ·

Wat betaal jy vir n ete in restaurant. Hoekom kan jy nie bydrae maak nie.

AV ·

@RK ek stem saam. Mense is so ondankbaar en dink troues gaan net oor die verniet eet en sommige mense wil sommer verniet drink ook. Na die tyd skinder almal elkgeval oor elke klein ding. Ook die mense wat sê “as my kinders nie genooi is nie gaan ek nie” Troues is nie plek vir kinders nie. Sommige venues betaal jy vol prys vir kinders bo 3… jy kan maar regtig een aand vir Pietie of Sannie by ouers of skoonouers los en date night saam jou man geniet.

Reynette ·

Ons moet onthou, partykeer is n troue n sirkus. Met hierdie een is dit gewaarborg

Sanet ·

Ek dink dit is nie verregaande nie ek voel sy kan dalk net vir die kos vra en die red is op haar rekening was al by so troue en daar was oor die 100 gaste

Leon ·

As jy kyk na wat ‘n “goedkoop” troue deesdae kos, dan sê ek jy moet maar laat hulle betaal. Jy nooi ‘n honderd gaste uit, maak reg vir ‘n honders en dan daag daar twintig op. Wie betaal vir die ander tagtig? Nee, laat hulle betaal dan daag hulle op en jy betaal nie vir oop tafels nie. Wel, jy betaal vir die oop tafels, maar met die mense wat nie opgedaag het se geld.

Mel ·

Ek is nou besig om troue te beplan en eerlikwaar sien ek nie fout daarmee nie.
Ek het dit self al oorweeg. Instede van ‘n geskenk / kombuistee-geskenk kan die gaste eerder self vir hulle ete betaal (Sowat R365 per persoon). Die wat graag daar wil wees, sal. En die ander wat ‘in die gesig gevat’ voel om dit te betaal is elk geval die wat sou skinder – hoe wonderlik / aaklig / duur / goedkoop die troue dan ook al is!

Toffie ·

Was by ‘n troue waarvan ons die helfte van ons ete moes betaal het en dit was beslis die moeite werd, want die wat daar was wou daar gewees het. Dit was ‘n pragtige troue met sonder enige problem.

JM ·

Ek sien ook geen fout daarmee nie, weet ook van ‘n troue wat jou geldjies jou RSVP was. Mense daag gereeld nie op nie en dit kos mens baie geld.

Ek voel ook as jy regtig bly is vir die bruidspaar en graag die geleentheid saam hulle wil vier dan sal jy dit met ‘n glimlag betaal.

Dit raak deesdae ‘n ding waar mense lekker saam troue hou en nie eens ‘n geskenk of koevert gee nie. Ek voel dit is baie ongeskik. Mens kan enige iets gee al is dit selfs ‘n paar koffie bekers of ‘n raam of twee vir die troufotos om later in te kom.

SoosDitIs ·

Ek verstaan waar sy vandaan kom. Ek het laas jaar getrou en daar was 10 mense wat geRSVP het, wat toe nie opgedaag het nie. Geen verskoning sms of oproep na die tyd nie. Net eenvoudig nie opgedaag nie. . My troue was behoorlik budget en almal was bewus daarvan en steeds het hulle toegelaat dat ek geld moes betaal vir iets onnodig. Die venue refund jou natuurlik nie vir die stoele en kos wat nou extra is nie en stuur dit ook nie saam jou huistoe nie. Vat dit nou R 400 pp, dis R 4000.00 wat ek eerder op iets anders kon spandeer, soos my wittebrood se spending. En diegene wat nou gaan se die gaste wat nie opgedaag het nie is dan nie belangrik nie… Dit was NAASTE familie. Mense wat jy graag daar wil he.

Maar ja, ek sal ook nie betaal om na iemand anders se troue te gaan nie. Dis net verkeerd. Ek sal se vra eerder soos ‘n R100.00 dep per RSVP en na die troue gee die mense se geld terug. As jy nie opdaag nie, gebruik die bruid die geld vir haar en haar bruidegom. So maak mens seker jou gaste daag op.

NET EK ·

Ag nee wat los maar – moenie vir my n uitnodiging stuur nie ……. dankie

Josi ·

Duidelik is hier n klomp wat altyd JA se, en dan net eenvoudig nie opdaag nie. Dis n deposit, as jy daar is, word jou geld vir jou gegee, en kan ook dus op n tab geplaas word. Dit keer dat mense nie net JA rsvp nie. Dit gebeur baie in vandag se tyd.

magda ·

die plain weg ongeskik om gaste te vra om te betaal; moet liewer nie op duurste venue aandring nie!!! vandag se bruide kry hoeka duur geskenke en het batchelorette & pamper parties!!! in my tyd was dit n kitchen tea met raspers, bakke, ens!!! en NIEMAND betaal om troue toe te kom nie – dis GLAD NIE etiket nie!!!!

Karin ·

@Magda, en in jou tyd was daar aparte strande en net blankes mag stem, dinge verander vir n rede.

Alexz ·

Magda, ek stem saam. Trou in die kerk, gaan huistoe en hou ń lekker braai. Jy voorsien die slaai, gaste bring hul vleis en dop.

Karli ·

@Alexz, gelukkig is ek en my man nie so seinig soos jy nie, sjoe.

VanAfrika ·

Dis jy wat wil trou, nie ek nie, so betaal jou eie troue. As jy dit nie kan bekostig nie of jy bang is mense daag nie op vir n duur troue waarvoor jy beplan, trou dan voor die hof. Oor 1,2, of drie jaar skei julle dan het ek verniet vir jou troue betaal. Ek was al op troues waar kinders nie toegelaat word nie, my eie peetkind sin ook, as my kind nie kan kom nie, is ek ook nie welkom nie. Dis n familie gebeurtenis en moet so behandel word. Met my susters se troues het ons n aparte kamer gereel met n oppasser en voila jy het nie n probleem met kinders nie. Waar daar n wil is, is daar n weg met alles, met jou troue ook. As jy bang is mense daag nie op nie, betaal vir tien mense minder en as hulle wel opdaag kan almal deel wat op die tafel is en glo my daar bly altyd kos oor. Maar om mense te vra om te betaal vir jou troue is verregaande. Hou dan maar verby.

CK ·

@VanAfrika, gelukkig bly dit jou keuse om te gaan of nie en die bruidspaar se keuse wie hulle daar wil he of nie. Keuses keuses keuses…. Daar is niks haatliker as kinders wat op ‘n dansbaan rondhardloop wanneer mens probeer dans nie en dan trap jy op ‘n kind se tone omdat die onder jou voete is of stamp hulle om dan is die ouers woedend. Onthou ons ALMAL is geregtig op ‘n opinie.

Chrisjan ·

Ek dink ons mis die punt. Wat uit die kommentaar hierbo duidelik is, is dat ons mense swak maniere het. Maak dus seker diegene wat uitgenooi word, is mense van hul woord. (Wees dus uiters selektief met jou uitnodigings). Alternatiewelik, stuur vir daardie persone wat nie opgedaag het nie na die tyd n rekening vir jou verlies.

Liza ·

Dit is nie hoeveel ‘n troue kos nie maar die atmosfeer daaraan verbonde. Ons wat by twee troues in ‘n kort tydjie. Die eerste was baie duur by ‘n baie duur en venue die kos was lekker en alles maar nadat daar geeet is het die mense begin verdwyn 10 uur die aand was daar niemand meer amper by die onthaal oor nie amper net die bruidspaar en hulle ouers. Almal het gaan “troue” op ‘n ander plek hou. Die tweede troue was ‘n paartjie wat nie baie geld gehad het vir ‘n troue nie en het alles self gedoen en die onthaal was sommer ‘n piekniek op ‘n grasperk. Die oggend 4 uur toe was amper almal nog daar en nog troue gehou. Om geld te vra om jou troue by te woon is buitensporig ek vat eerder daardie geld en gaan doen iets wat ek wil die aand. Stuur maar net ‘n geskenk aan die bruidspaar

ChrisE ·

Ek verstaan die dame se siening. Jy nooi bv 50 gaste en 40 daag op. Laat nie hoor van hulle nie. Dit is plein, ongepoets, ongeskik en ongemanierd. Die koste word deur die bruispaar gedra. Ek het al ‘n troue vir ‘n jong kollega “gereel”. Dit was ‘n bring en braai en ons het lekker gekuier.

Christa ·

Soms bly n paartjie hoelank Saam en het soms Al Kinder’s, Dan will hulle n uithang troue he. Nee wat as iemand nie soon Kan trou nie stel EK regtig nie belang om the Gaan nie.

Natasja Jackson ·

Ek is n trou beplanner en sien weekliks hoe stoele, EN Tafels op sommige troues leeg staan van gaste wat net nie opdaag nie.
Dis bitter duur om deesdae te trou. Ekt n bruid gehad wat almal gebra het om geld in haar rekening te betaal en as hul opdaag op die troue was die geld in n koevert terug gegee vir hul om dan tot willekeur te gebruik vir drankies of om dit dan sommer as trougeskenk in die koevert boksie te gooi. PUIK IDEE dink ek!

Stof ·

Ons as huweliksbevestigers val nie binne daardie inkomstevlak nie. Beteken dit dat as ons dit nie kan bekostig nie, daar niemand gaan wees om hulle huwelik te seën voor die Here nie, en dit ook nie te wettig nie?

bokka ·

Ek het nie daai probleem nie. Ek is so ‘n “skaarste” by familie-aangeleenthede dat hulle letterlik op hul knieë gaan en my smeek om te kom. LOL.

bokka ·

Bring en braai klink vir my reg. Die familie gaan in elk geval oor iets skinder na die tyd. Dalk sal hulle minder hê om oor te skinder en te kla want hulle bring hul eie kos.

Pierre ·

Ek sou voorstel betaal vir jou ete, maar dan geen geskenke nie.
My swaar is onlangs getroud (beide in laat 30’s) hulle het self vir die onthaal betaal, en dit was ongeveer R800 per kop. Paar mense het ook sonder verskoning nie opgedaag nie. My swaar het gevoel hy kon daai geld eerder op die kroeg gesit het vir ‘n paar rondes. Die wat nie opgedaag het nie, het in elke geval uitgemis op helse lekker party.

Joe ·

Hy het eers jou swaer geword na die troue, tensy hy met n 2de vrou getrou het.

Dellie ·

Ek weet van ‘n bruidspaar wat na die troue rekeninge gestuur het vir die mense wat bevestig het dat hulle kom en nie opgedaag het nie. Hulle het ook geen verduidelikings of verskoning gemaak nie. Ek stem heeltemal met dit saam.

Anoniem ·

Dis ‘n ou artikel die, want ek HET dit al gelees… seker ‘n jaar gelede al. Of iemand het nou weer die artikel opgediep en opgedis want hulle soek geselskap.

VanAfrika ·

Wat het van die dae geword waar die bruide en strooimeisies self die tafel versierings gemaak het, het paar maande voor die tyd begin beplan en nie so lank soos tot twee jaar soos met vandag se troues, hulle het self die konfetti gepak in boksies of in net met strikkies, het sommer iemand gekry om die koek te bak instede van n bakery en dan sommer self die saal gaan vesier die dag voor die troue, al wat bestel was was die blomme en drank en die DJ. Vir wat n trou beplanner ten duurste gaan huur en dan werk daardie huwelik nie op die ou einde van die dag nie, of mense daag nie op nie. Ek sê julle al my susters wat hul huwelike so beplan het is nog steeds getroud van 18 jaar tot 36 jaar lank. Huwelike in ons tyd het nie gegaan oor die glam nie, dit het gegaan omdat jy wou trou en alles het net oor die bruid en bruidegom gegaan en hoe mooi hulle, hul strooimeisiess, strooijonkers en blomme meisies gelyk het.

Martie ·

Laat die gaste betaal. Met my troue het 50 mense laat weet hulle is daar. Net 14 daag op. Sit toe met bakke en bakke vol kos waaraan daar nie geraak is nie. Wat ‘n vermorsing van tyd en geld.

Christo ·

Ek dink in ons lewe in ‘n tyd waar so iets nie ‘n probleem hoef tewees nie. So help jy jou vriend of familie om ‘n heerlike troue tekan bekostig en jy betaal vir ‘n lekker ete wat jy inelkgeval by n restaurant so betaal het. Hoekom moet dit nou n sonde wees om tevra. En as jy so sterk daarteen is dan moet jy inelkgeval eerder bly. Ek dink dit is ‘n blink plan.

Antoinette ·

Met my jongste dogter se troue is daar gevra vir gaste om te betaal vir hul eie etes in plaas van geskenke te bring. En dit het uitstekend gewerk.

Martina ·

Die lewe is maar vir almal duur.

As ‘n gas vir homself moet betaal, is dit nie meer ‘n gas nie.

Die nuwe neiging is ook dat “gaste” vir hulself moet betaal by ‘n kombuistee, ooievaarstee en selfs verjaardae. Het mense net lui geword om tuis te onthaal?

My opinie is dat indien jy dit nie kan bekostig of dalk nie geld wil spandeer nie, pas jou onthaal aan by jou sak, maar moenie verwag dat ander mense vir jou onthaal of partytjie betaal nie.

Maria ·

My niggie is etlike jare gelede by ‘n “posh” kapel in Centurion getroud. En die toegangsfooi vir die onthaal …. elke gas moes ‘n bordjie eetgoed bring. Kyk ons almal verstaan die lewe is duur, maar as jy ‘n uitspattige troue en onthaal wil hê kan jy tog sekerlik nie verwag jou gaste moet daarvoor opdok nie.

Maklik ·

Trou, nooi almal wat jy wil, en hou ‘n bring en braai na die tyd, baie goedkoper en lekkerder.

Pim ·

Hoekom moet troues gehou word vir niggies, nefies, ooms, tannies en ander oumense wat jou ouers se vriende is. Nooi net jou vriende en naby familie en kuier saam met hulle. Dit is jou troue. As al daai ander mense wil kom kan hulle betaal. Ek dink dis in elk geval altyd die mense wat nie regtig belangstel nie wat nie opdaag nie.

denkend ·

Ons is professionele mense en het sowat 3 jaar gelede my dogter se troue meestal self gedoen. Die totale uitgawe wat ‘n driegangmaaltyd vir 150 gaste en die bruidsklere ingesluit het, was minder as R22000. Ons het ons tuisgemeente se kerk en saal gebruik /gehuur en fotos is by pragtige tuine/park in die omgewing geneem. Die onthaalparty was heerlik, hoewel ons taamlik moeg was na die tyd. Finansieel was dit ‘n goeie skuif en het ons nog niemand hoor kla nie. Ons het eerder geld spandeer op wat die bruidspaar se lewenskostes daarna was. Ons leef in ‘n tyd wat geld oordeelkundig gespandeer en eerder gespaar moet word vir moeilike tye en ook eerder gebruik moet word om minderbevoorregtes ‘n beter lewe te gun. Ons lewensmoto is om nie met geld te mors terwyl ander swaar kry nie. Uitspattigheid frustreer my.

Grietjie ·

Nee wat, ek is nie getroud nie, maar kan ook nie ‘n duur affêre bekostig nie. Ek sou almal nooi wie ek wil, om slegs die seremonie in die kerk by te woon. Maar by sekere uitgesoekte gaste sal daar ‘n nota by die uitnodiging wees dat hulle die onthaal by so en so plek kan geniet. Dit was die gebruik in die vroëe 60’s. Dan was dit ‘n vingerete. In die ou dae het dit so gewerk. (onthou julle oues nog…?) Natuurlik is daar toe ook trou geskenke gegee.

Renske ·

Ek stem saam, meeste gaan net vir die all you can eat buffet. Betaal dan Wil jy regtig daar wees vir wat dit is.

Jax ·

Geld geld geld – totaal Belaglik. Wanneer gaan ons Leer dat alles hoef nie in oordaad te wees nie. Klein en intiem – vêr weg van enige trou-venues met gewone koek of selfs cup cakes. Doen dinge self – beplan vroeg genoeg sodat mens tyd het om als te maak. Dis wonderlik om te sien wat n mens kan doen met n stukkie tou en verf.
Die kompetisie tussen my kinders was om te sien Wie se troue het die minste gekos. Dis so lekker om saam met die kinders te sit, Mooi goedjies te maak vir hul spesiale dag. Tyd vir almal om mekaar ook beter te Leer ken.

Sarieska ·

Ek en my kêrel was in Desember by ‘n troue waar daar ook gevra was om en by R500 per persoon te betaal vir ons sitplek. Die uitnodig het geheet dat die bruidspaar alles het wat hulle nodig het en daarom geen geskenke benodig maar wel vra om te betaal vir jou sitplek. Ek stem 100% met hierdie manier van dinge doen. As jy regtig by die troue wil wees sal jy nie omgee om te betaal nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.