Uber het ʼn man van Toronto in Kanada meer as $18 000 gefaktureer vir ʼn rit wat net ongeveer $10 moes kos.
Die Instagram-gebruiker votethehish het die kwitansie gepubliseer vir die rit ter waarde van 18 518 Kanadese dollar (ongeveer R196 237).
Volgens votethehish se vriendin, Emily Kannard, het Uber gesê hulle sal nie ʼn terugbetaling kry nie, maar Kannard het die kwitansie op Twitter gepubliseer en verskeie nuuswebwerwe het reeds hieroor berig, soos The Comeback en Slate.
Uber het daarna bevestig daar was ʼn fout. “Daar was ʼn fout en dit is opgelos,” het Uber in ʼn verklaring aan Slate gesê. “Ons het ʼn volledige terugbetaling gedoen en om verskoning gevra vir die flater. Ons het verskeie maatreëls in plek om seker te maak dat só iets nie weer gebeur nie. Ons stel ondersoek in om te bepaal hoe dit gebeur het.”
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
6 Kommentare
Duidelik nie ‘n probleem om $18k sommer net so te betaal :)
My neef is `n veldgids en het met my `n huis gedeel. Een aand laat kon ek hom nie gaan oplaai by die toermaatskappy nie. Hy skakel toe Uber, wat hom R700 kwoteer. Toe skakel hy Rose’s Taxi’s, wat hom R200 vra, en hom veilig, sonder insident afgelaai het.
Ja…. sit dit meter taxis op hulle!
As n fout intree en dit word beaam en bevestig… terugbetaling word gedoen…. gee hulle n ster… UBER BO?
Dit laat my dink aan Tolla se grappie van die 7 rand boksie vuurhoutjies………….