Dalk die grootste verjaarsdagkaartjie ooit

Skermgreep uit die video

Twee seuns wou seker maak hul pa se 62ste verjaarsdag is baie spesiaal, so hulle het ʼn reklamebord spesiaal vir dié geleentheid gehuur – boonop met ʼn uitnodiging dat vreemdelinge ook hul pa geluk kon wens.

Chris Ferry se seuns het die reklamebord in New Jersey in die VSA gehuur met die boodskap: “Wish My Dad Happy Birthday – Love, Your Sons” met sy telefoonnommer en ʼn foto van hom op die bord naby Atlantic City.

Dit het die seuns $2 000 uit die sak gejaag en Ferry se telefoon lui intussen onophoudelik.

Persone uit verskillende state het Ferry gekontak en selfs toe televisieaanbieders hom wou kontak, was sy stembus vol.

Ferry het aan Inside Edition gesê iemand genaamd Nick het die eerste teksboodskap met gelukwense gestuur. “Wie is hierdie? Ek herken nie die nommer nie,” het Ferry teruggeskryf. “Nick.” “Nick wie?” “Jy kan my nie, maar ek het gehoor jy verjaar binnekort – ek het dit op ʼn reklamebord gesien.”

Die seuns het gesê die reklamebord sal minstens nog tot Ferry se verjaarsdag op 16 Maart beskikbaar wees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Amanda ·

Dit is sommer baie oorspronklik. Vier jou ouers se verjaarsdae op die uitspattigste, beste manier wat jy kan, terwyl hulle nog leef.
Eendag is hulle weg en dan wens jy vir nog net een verjaarsdag saam met hulle…

Maria ·

Ag dit moooooi so min gesien of gehoor tussen pa’s en seuns se gebaar. Wonderlik!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.