Dié bielie van ʼn avo is wêreld se swaarste

Mark en sy seun Lo’ihi Pikini
This Dec. 13, 2018 photo provided by Juliane Pokini shows the first weigh in at Kula Country Farms showing employee Meridyth Sealey, left, with Lo’ihi Pokini and his father Mark Pokini in their kitchen . (Juliane Pokini via AP)

ʼn Gesin van Hawaii se avokadopeer het vir hulle ʼn Guinness-wêreldrekord in die sak besorg.

Die Pokini-gesin van die Maui-eiland het die week hul Guinness-sertifikaat ontvang vir dié avokadopeer wat 2,54 kg weeg. Die gemiddelde avokado weeg sowat 170 g.

Die gesin se avokadopeerboom is ouer as 10 jaar en meer as ses meter hoog. Mark Pokini het die plantjie geplant toe sy seun gebore is.

Mark, sy vrou, Juliane, en hul seun, Loihi, het in Desember vir die Guinness-wêreldrekord aansoek gedoen. Dit behels ʼn deeglike verifikasieproses deur Guinness World Records.

Die avokadopeer nadat hy oopgesny is. Foto: (Juliane Pokini via AP)

Die gesin het in 2018 ook ʼn ander avokadopeer ingeskryf vir ʼn rekordpoging, maar het nie die paal gehaal nie weens gebreke in die verifikasieproses.

Hulle het egter besluit om weer te probeer en die keer seker gemaak dat alles in plek is vir die rekordpoging.

Volgens Juliane het hulle nie die avokadopeerboom regtig water of bemesting gegee nie en die boom gelos om self te groei en te gedy.

“Ons was so opgewonde,” het Juliane gesê nadat hulle gehoor het die rekordpoging was suksesvol.

Die gesin het die rekord-avokadopeer gebruik om ʼn hoop guacamole vir vriende en familie te maak.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Nico Broodryk ·

Sjoe, so een helfte op n dik sny brood met baie sout en peper!

Adri ·

‘n Avokado is nie ‘n peer nie. ‘n Avokado is net ‘n avokado en die boom is ‘n avokadoboom.

Ronel ·

Vergewis jou gerus van die feite voor jy kommentaar lewer. Algemene verwysing is advokado, maar die korrekte naam is inderdaad advokadopeer. Nes die engelses daarna verwys as avo….

Roos ·

Adri, avokadopeer is ook korrek. Noem dit ook ‘n “alligator pear”. Dink dit het te doen met die vrug se peervorm. :-)

Johanna Botha ·

Ek sou nie onder die boom sit nie …as daardie peer jou tref is jy n koolkop !

Nettie ·

@Johanna Botha – dis nou ÁS jy daardie AVOKADOPEER se val op jou kop oorleef ….

Lindtjies ·

Dit lyk of dit ‘n regte botter avokadopeer kan wees. Alte lekker op ‘n snytjie roosterbrood.

WitBlits ·

Woolies moet dalk hulle avokadopere by hierdie ou koop en dan sal dit billik wees om R20 per avo te vra!!

Rohan ·

‘n Mens kan sien dié avokadopeer is nie deur ‘n sekere pakkie skyfie maatskappy vervaardig nie! Kyk hoe klein is die pit en hoe lekker baie vleis sit daar om die kante! Hoe water my mond nou! Sjoe!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.