‘n Foto van ‘n man en ‘n kangaroe wat na ‘n sonsopkoms staan ek kyk versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media.
Dan Battley, ‘n regisseur by die televisiekanaal ABC Open, het die foto geneem in die Cape Hillsborough Nasionale Park in Queensland, Australië. Battley skryf op ABC Open se webtuiste dat hy as kind gereeld die park besoek het en dus geweet het wilde kangaroes besoek graag vroegoggend die strand.
“Ek wou gehad het my kinders moet ook dié daaglikse roetine sien so een oggend is ons af strand toe terwyl die son besig was om op te kom. Ek het net die foto geneem. Ek het nie daaraan gedink of dit beplan nie.”
Battley sê hy het nie gedink die foto is regtig spesiaal nie aangesien dít gereeld by Cape Hillsborough gebeur. “Dit was eers heelwat later dat ek tot die besef gekom het dat ek ‘n stukkie ‘magic’ vasgevang het.”
Battley sê hy het die foto op Instagram gedeel en kort voor lank het dit soos ‘n veldbrand op sosiale media begin versprei. “Wie sou kon dink dat ‘n oggend saam met die kinders ‘n foto wat regoor die wêreld deur mense geniet word tot gevolg sou hê? Ek reken mense is net mal daaroor om die interaksie tussen ‘n mens en ‘n kangaroe te sien.”
Besonderse foto…pragtig.
Baie oulike foto’tjie
Baie mooi. Ek hou baie daarvam.