‘n 32-jarige vrou is dood nadat sy glo deur haar kêrel met ‘n mes gesteek is in Jabulani, Soweto.
Lees meerAlles vir Sondag 29 Junie 2014
Foto’s: Talle Centurion-buurte sonder krag weens vandalisme
Talle woonbuurte in Centurion is sonder elektrisiteit nadat ‘n substasie in die omgewing onder vandale deurgeloop het.
Numsa gaan staak; Solidariteit veg voort vir niestakende werkers
Meer as 220 000 van Numsa se lede in die metaal- en ingenieurswesebedryf sal die week regoor die land begin staak terwyl die vakbond Solidariteit steeds veg om te verseker dat niestakende werkers sal kan werk.
Polisiebeampte voor sy huis doodgeskiet
‘n Polisiebeampte van die Wes-Rand is in die oprit na sy huis doodgeskiet.
DA gaan klag lê oor ‘lasterlike’ burgerskap-berig
Die DA sê hy gaan ‘n klag by die persombudsman indien na aanleiding van die Sunday Times se berig oor ‘n DA-LP wat glo nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie.
Twee dood, vyf beseer na motor omslaan
Twee mense is dood en vyf mense beseer na ‘n voertuig op die Wartburg-pad buite Pietermaritzburg in KwaZulu-Natal omgeslaan het.
Die storie agter dié foto
‘n Foto van ‘n man en ‘n kangaroe wat na ‘n sonsopkoms staan ek kyk versprei soos ‘n veldbrand op sosiale media.
Steeds geen keer aan kliniese Griekwas
Griekwas het Saterdagmiddag in Welkom seker gemaak dat hulle nie hul voorsprong op die puntelys in die Curriebeker se kwalifiseringstoernooi in gevaar stel wanneer hulle volgende week ’n loslootjie geniet nie.
‘Grondhervormingsplan nie ANC-resolusie’
Die ANC het glo nie vir Gugile Nkwinti, minister van landelike ontwikkeling en grondhervorming, ‘n mandaat gegee rakende die omstrede nuwe grondhervormingsvoorstelle nie, berig City Press.
“Vlieënde piering” vir Mars suksesvol getoets
Na die toetse minstens ses keer weens sterk winde uitgestel moes word, het Nasa uiteindelik sy eie “vlieënde piering” by Hawaii getoets.
Minstens 20 dood na geboue in Indië ineenstort
Minstens 20 mense is dood nadat twee geboue in Indië ineengestort het.
Twee sterf in KZN-ongelukke
‘n Man en ‘n vrou is in afsonderlike ongelukke in KwaZulu-Natal dood.
Foto’s: Ligte vliegtuig maak noodlanding op hoofweg, tref bakkie
Die vlieënier van ‘n ligte vliegtuig het ‘n noodlanding op ‘n hoofweg in Arlington, Texas gemaak.
Drie kinders sterf in brand
Drie kinders is dood na ‘n plakkershut aan die brand geslaan het in Kroonstad in die Vrystaat.
DA-LP jok glo oor burgerskap
Die Sunday Times berig dat DA-LP Phumzile van Damme nie ‘n Suid-Afrikaanse burger is nie.
Moordaanklag na hy glo inbreker doodslaan
‘n Huiseienaar word van moord aangekla nadat hy glo ‘n inbreker in sy huis in Butterworth in die Oos-Kaap vermoor het.
Vyf sterf in gru-ongeluk op R44
Vyf mense, insluitend ‘n baba, is Saterdagaand dood in ‘n botsing reg van voor op die R44 in Stellenbosch in die Wes-Kaap.
Gedagte vir die dag: Wat tel regtig?
2 Kon 15:28 – Hy het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here: hy het nie afgesien van die sondes wat Jerobeam…