Woolworths se waterverkope het vandeesweek waarskynlik gestyg ná gebruikers op sosiale media onthul het wat met jou gebeur as jy dié handelaar se water drink.
ʼn Twitter-gebruiker, wat homself Oom Sinkila noem, het Maandag ʼn video gedeel van hom en ʼn paar vriende wat Woolworths-water drink en meer as 17 000 gebruikers het intussen aangedui dat hulle van dié video hou. Meer as 6 500 gebruikers het die video gedeel.
Oom Sinkila en sy studentevriende het gewys dat hulle Suid-Afrikaanse aksente skielik in ʼn Britse aksent verander sodra jy van dié water drink.
Ander gebruikers het ook vinnig reageer en hul eie video’s onder die hutsmerk #WoolworthsWaterChallenge gedeel.
Hier is Oom Sinkila se video:
#Woolieswaterchallenge ??@MossBanele @MabokoItumeleng @gomolemon_ @Bab_Sinkila pic.twitter.com/EFQ5GZzjGH
— Oom Sinkila (@Bab_Sinkila) March 10, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Twitter-gebruiker #MlaziPiano, glo ʼn werknemer van Woolworths, het ontdek iets soortgelyk gebeur as jy Woolworths se melk drink:
As a @Woolworths_SA employee I couldn't get left outta the fun #Woolieswaterchallenge pic.twitter.com/N3hT2MDV2w
— #MlaziPiano (@Mac_325) March 12, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Dala U Crew het daarna ʼn wit persoon gevra om ook die water te drink. “Julle moet wonder wat sal gebeur as ʼn wit ou Woolworths-water drink #nowyouknow”:
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Gebruiker Kevin Narain het ook die water probeer:
The power of water! #Woolworthswaterchallenge #woolieswater @WOOLWORTHS_SA pic.twitter.com/LZ3r5BIU37
— Kevin Narain (@kev_rain) March 13, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
DA-leier Mmusi Maimane het intussen ook by die uitdaging aangesluit ná ʼn flater wat hy tydens ʼn toespraak gemaak het toe hy verwys het na “44 uit 10 persone wat werkloos is”. Hier is die flater uit sy toespraak:
Chief @MmusiMaimane, I don’t understand! pic.twitter.com/hwJLo1nkRz
— Dumisani Tembe (@KunjaloD) March 12, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
Hy het daarna ook Woolworths-water probeer om te kyk of dit dalk sy wiskunde sou verbeter:
44/10 or 4/10?
It's actually 4 out 10 South Africans who can not find a JOB. Let's bring a job in every home, #KeepItGoing and #KeepItFlowing! #Woolieswaterchallenge pic.twitter.com/P1bmG6kVRA
— Mmusi Maimane (@MmusiMaimane) March 14, 2019
Klik hier as die video nie direk in jou webblaaier wil speel nie.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
20 Kommentare
Nou goed dan????
Oulik gedoen, ????
Vaderland maar julle mense is droog en sien nie die grap in die challenge nie. Kom bietjie uit jul donkerte uit en sien bietjie die goed in die lewe raak en hou op altyd so nors weers. Seker ou mense hahahah!
Ek dink dis baie oorspronklik. Oulik gedoen. Mens moet die humor in alles kan sien anders gaan jy n baie siek en verbitterde mens raak.
Dis baie funny!