‘Dit is Emmy,’ skryf ma aan dokter wat aborsie aanraai

Emersyn Faith oftewel Emmy. Foto: Facebook

Emersyn Faith oftewel Emmy. Foto: Facebook

Courtney Baker, ʼn vrou van Sanford in die Amerikaanse deelstaat Florida, het ʼn brief geskryf aan die dokter wat haar glo aangeraai het om haar swangerskap met ʼn Down se sindroom-baba te beëindig.

“Ek het geweet hoe belangrik dit gaan wees om daardie brief te skryf, selfs nog voor Emmy gebore is,” het Baker aan ANC News gesê. Dié ma en haar 15 maande oue babadogtertjie, Emersyn Faith, het einde verlede maand dié brief aan die dokter gepos. ʼn Afskrif van die brief is ook op sosiale media geplaas en dit het intussen soos ʼn veldbrand versprei.

Die brief lees:

Geagte dokter

ʼn Vriendin het onlangs vir my vertel dat wanneer haar voorgeboortespesialis haar kind sou sien tydens die sonogramme, hy sou sê “Hy is perfek”. Nadat haar seun met Down se sindroom gebore is, het sy dieselfde dokter besoek. Hy het na haar seuntjie gekyk en gesê: “Ek het jou gesê. Hy is perfek.”

Haar storie het my gebreek. Hoewel ek so dankbaar was vir my vriendin se ervaring, het dit my baie hartseer gemaak oor wat ek moes ervaar het. Ek wens jy was daardie dokter.

Ek het na jou toe gekom tydens die moeilikste tyd in my lewe. Ek was vreesbevange, angstig en moedeloos. Ek was nog nie bewus van die waarheid omtrent my baba nie en dit was wat ek desperaat van jou nodig gehad het. Maar in stede van ondersteuning en bemoediging het jy ons aangeraai om die swangerskap te beëindig. Ek het vir jou haar naam gesê en jy het weer gevra of ons verstaan hoe laag ons lewenskwaliteit sal wees met ʼn kind wat Down se sindroom het. Jy het gesê ons moet ons besluit om voort te gaan met die swangerskap heroorweeg.

Van daardie eerste besoek af het ons opgesien na ons afsprake. Die moeilikste tyd in my lewe is amper ondraaglik gemaak aangesien jy my nooit die waarheid vertel het nie: My kind was perfek.

Ek is nie kwaad nie. Ek is nie bitter nie. Ek is net rêrig hartseer. Ek is hartseer dat die klein hartkloppies wat jy elke dag sien jou nie vul met ewige verwondering nie. Ek is hartseer dat die ingewikkelde besonderhede en die wonderwerk van daardie pragtige klein vingertjies, toontjies, longetjies, ogies en ore jou nie tot stilstand roep nie. Ek is hartseer dat jy so verkeerd was om te sê ʼn baba met Down se sindroom sal ons lewenskwaliteit laat afneem. En my hart is gebreek omdat jy dit moontlik vandag vir ʼn mamma gesê het. Maar ek is die hartseerste oor die feit dat jy nooit die voorreg sal hê om my dogtertjie, Emersyn, te ken nie.

Emersyn het nie net bygedra tot ons lewenskwaliteit nie, maar het ook die harte van duisende aangeraak. Sy het vir ons ʼn doel en ʼn vreugde gegee wat onmoontlik is om te beskryf. Sy het vir ons nog groter glimlagte, nog meer lag en soeter soentjies gegee as wat ons ooit geken het. Sy het ons oë oopgemaak vir ware skoonheid en suiwer liefde.

My gebed is dat geen ander mamma sal hoef te beleef wat ek beleef het nie. My gebed is dat jy nou ook die ware skoonheid en suiwer liefde sal sien met elke sonogram. My gebed is dat wanneer jy daardie volgende baba met Down se sindroom in haar ma se baarmoeder sien, jy na die ma sal kyk en my sal sien en dan vir haar die waarheid sal vertel: “Jou kind is perfek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

42 Kommentare

Chris ·

En Emmy gaan ‘n normale lewe ly , eendag studeer , trou en kinders he – toe nie !! …. hoe selfsugtig kan mens wees deur net aan jouself te dink en nie aan daardie kind se lewe of gebrek aan normale lewe waardeur hy sal moet gaan nie. Sy’s nou klein en cute, maar sy gaan ook eendag groot raak en bloot ‘n ouer kind bly vir die res van haar lewe – nee Mev. jou dokter het verstand en dink nie net met sy hart soos jy nie !!

Therese van Schalkwyk ·

Courtney Baker kon sonder enige drama van dokter verander het, en so haarself al die hartseer gespaar het. Mense wat persoonlike briewe op sosiale media uitblaker, is verslaaf aan ophef en aandag.

Haar dokter huldig ‘n bepaalde standpunt waarmee sommige saamstem en ander nie. Daar is tog baie goeie redes waarom sonogramme tydens swangerskappe gedoen word, en vele ouers waardeer die dokters se aanbevelings.

Gert ·

Ag Thereze, asseblief, kyk na die mooi agter die storie. Wie is die mens om te besluit of n lewe beeindig moet word aldan nie. Dit is omdat dit vandag te maklik geraak het om aborsies te doen. Hoop en bid eerder so-iets kom jou nie oor nie en dat jy nooit nodig sal hê om so ‘n besluit te neem nie.

Jeanne ·

Therese. En so het die mamma ook HAAR standpunt gestel, en van haar ervaring en hartseer geskryf waarop SY geregtig is net soos die dokter op haar opinie. Darem vreemd hoe mense net een kant van die saak insien, veral as hulle ‘n ander standpunt huldig. Gewoonlik drs wat hulleself probeer regverdig of ‘n familielid wat in die mediese professie is, RESPEKTEER ook hierdie ma se standpunt en haar brief en haar gevoelens of is dit NET die dokter se standpunt wat alweer saakmaak?

Simon ·

Bly sy vind geluk met haar dogter. Dink egter nie dis nodig om so ‘n houding aan te neem teenoor hom nie.

Retha ·

My hart gaan uit vir die mamma en verstaan hoekom sy die brief geskryf het. Van die wereld se mense daarbuite weet nie hoe om dit te hanteer nie omdat hulle grootste leemte liefde is. Daar is ‘n lewe met Down Sindroom – wat hulle gee en wat hulle is, is net liefde.

Sarie Steenkamp ·

Die dokter hét haar die waarheid vertel, dis sy wat haarself bedrieg. Die arme kind is gestrem, en wat gaan van haar word.

charlene ·

Dis hoekom sy `n ma het, en as die ma iets oorkom dus hoekom die ma seker maak daar is `n heenkome vir haar. Dis nogal hartseer dat so baie mense die dr se woorde reg praat asof die dr nou reg is en so goed is en alles. Dr’s weet nie alles nie en aborsie is moord! Sy is NIE gestrem nie. Dankie dat my ma my reg geleer het en geleer het down syndrome kinders is God se liefde kinders omdat hulle net liefde ken. Dis vir mense seker iets wreemds omdat hulle liefde oppervlakig en half is. Dis nie `n straf om so `n kind te hê nie maar `n seening, die `n voorreg om daai liefde te kan ervaar.

Pieta ·

Ai, dit is verskriklik dat jou selfsug om jou eie gerief te soek só groot word dat jy ‘n ongebore baba wil vermoor! Ons samelewing is inderdaad uiters soek, want dit is vir baie tóg aanvaarbaar…

Johann Marx ·

Sou sy verkies het om te hoor “jou baba is perfek”, en dan verras word met ‘n Down Sindroom kind, of sou sy verkies dat die dokter haar die “waarheid” vertel….en sy ‘n ingeligte besluit kan neem? Alles in hierdie brief is “nie perfek nie”…..

SNel ·

Ek stem Johann Marx, alhoewel ek teen aborsie is, sou ek ook darem wou weet wat aangaan, dat mens jou kan voorberei, maar hoe kan hy sê die kind is perfek, dis mos n leuen en so dr kan weer gedagvaar word.

charlene ·

Sy is beautiful, en perfek!
Sy is `n hemel kind, God se eie engel – haar liefde is eg en waar, sy is lojaal en net alles wat goed is. Die drs weet nie altyd wat hulle doen nie en dis `n jammerte jy moes by so `n dr wees, `n dr wat eintlik niks voel nie, net nog `n pasient. Baie dr’s is seker so maar daar is die handjie voel wat werklikwaar omgee. Mag julle gesëen wees met haar liefde en mag die pad net mooi wees. God sal julle dra wanneer dinge seer en moeilik raak.

christine ·

Dr. Jys verkeerd God maak nie foute nie die ma kan haarself op die skouer klop dat God soveel vertroue in haar gestel het. Mooi engeltjie sys pragtig

Gesiggie ·

Hierdie dogtertjie is n Engel aan jou gegee met Liefde.. geen Dr kan n keuse vir jou maak, maar ja, hy kan n bietjie meer simpatie toon…dit is jou keuse wat jy gaan doen, en jy het die regte keuse gemaak… al het sy Down sindroom… is sy nogsteeds uniek… sy is n regte ou poplap… en gaan nog aan jou baie vreugde verskaf… koester haar met al jou liefde… sy gaan nog baie harte versag… (^_^)

CHANTELLE CONNOWAY ·

Ek het vier jaar terug n droom gehad van n seuntjie wat my roep en ek hoor die naam Benjamin, net daarna uitgevind ek is swanger, op 20 weke is toetse gedoen en ek is gebel en gese ek moet dringend die dokter gaan sien, ek is meegedeel dat my baba down is en die dokter het my ook aangeraai om die swangerskap te beeindig. Ek het gegaan vir nog n sonar maar is ook aangeraai om vrugwater te trek en ek het geweier, die sonar het gewys alles is normal, Op 7 Feb 2012 is Hanru Benjamin n normale kind gebore, my vraag is “sou” jy die swangerskap beiindig hoe lewe jy met jouself saam met die wete dat die kind dalk normal sou wees? Indien nie is dit ook okay want almal is perfek in die wereld maak nie saak hoe jy lyk of is nie want jy is geskape in die hand van onse VADER en in SY oe is almal perfek soos hulle is, ek wil eintlik ook vir Benjamin na daardie dokter neem en vir hom vra of dit soos n down kind lyk want Hanru is so normal soos ek en hy.

Alcia ·

Jammer vir die lang kommentaar, maar my hart borrel oor…..My dogter is 23. Down sindroom. Ek was 20 toe ek swanger geraak het. Die Here het vir my ‘n hemelkind gegee. Die sonars en toetse het niks ongeruimd opgetel gedurende my swangerskap nie, dank die Here daarvoor. Ek was jonk en maklik beinvloedbaar. As Dr ‘n aborsie voorgestel het, sou ek dit dalk aanvaar het, maar ek en my man het eers na haar geboorte uitgevind, Dit was nie maklik nie, sy was sieklik, ope-hartoperasie ens gehad, maar haar liefde en glimlag en onskuld maak op vir alles. Die Here het my geseën met my perfekte kind. Ek voel nie die HEre het haar vir my gegee omdat ek spesiaal is nie (so baie mense sê dit :-), maar Hy het my nie alleen gelaat nadat hy hierdie spesiale kindjie aan my toevertrou het nie. Sy Krag en Genade het ons heeltyd gedra…. Wat absoluut wonderlik is, is hoe lief my familie en vriende vir haar is en hoe die gemeenskap haar aanvaar oral war ons gaan. Sou ook graag wou spog en ‘n foto plaas.

charlene ·

Alcia jy stem dalk nie saam nie maar jy is spesiaal, God het jou gekies. Ek sal dit glo vir so lank ek leef want my ma het dit vir my geleer, sy het my geleer van die engel kinders, wat nie haat in hulle hartjies het nie, wat net die mooi in die lewe raak sien… en dis wat ek tot vandag toe nog glo. Ek glo alle kinders is perfek, want God maak nie foute nie. Ek sê altyd vir my man as ophou werk vir ek met down syndrome kinders begin werk. Mag God julle nog ruiklik sëen.

Sarie Steenkamp ·

Ek was huismoeder van ‘n instelling waar die Down kinders afgelaai en vergete was as hulle ouer word. Jy weet, wanneer niemand meer die verantwoordelikheid van hul versorging en welstand wil dra nie, en hulle nie meer oulik is nie. Dit is maar altyd wat gebeur. Ek ken hierdie kinders soos die palm van my hand, en hulle is gewis nie care bears vol sonskyn en blommetjies nie. Ek verskoon maar diegene wat so uit onkunde praat, en net alles herhaal wat hulle in soetsappige fabels gelees het, sonder enige praktiese ondervinding of interaksie met Down gestremdes, en die legio probleme, insluitende medies en seksueel, want voortplant wil hulle voortplant. Julle romantiseer gebreklikheid en afwykings. Maar ek kan sommer sien julle weet nie waarvan julle praat nie, en mors my asem. Die dokter het reg opgetree en die ma soek aandag.

Pieta ·

Sarie, ek hoor wat jy sê, en ek weet ons samelewing is baie wreed teenoor almal wat nie lekker inpas nie. Die verwerping wat sommige gestremdes ervaar is inderdaad verskriklik! Ons moet egter die agente wees wat anders optree, wat pro-aktief is en só ‘n verskil maak. Ek onthou how selfbewus ek was om my Swaer se gestremde seun by Aardklop in sy rolstoel te stoot terwyl mense jou aankyk en kommentaar lewer. Ek moes nog bietjie groei, maar ek weet die opsie om hom dood te maak is nóú presies net so onaanvaarbaar as voor sy geboorte. En ek weet dat hy my baie geleer het van opoffering en onvoorwaardelike liefde. Ek weet ons familie sou baie ‘armer’ gewees het sonder hom, al was en is dit soms moeilik! Een deel van hulle doel op aarde is om óns van óns selfsug te kom red! Dit is ÓNS wat faal, nie die gestremdes nie!

Marie van der Merwe ·

Jy stel dit 100% korrek. Dit is vandag moontlik om ingeligte besluite te neem, en kromosoomafwykings word moeilik verkeerd gediagnoseer. Veral met gevorderde sonartegnologie vir bevestiging van die diagnose. Uiters selfsugtig en onverantwoordelik om n gestremde kind in die lewe te bring indien jy die kennis en keuse van eliminasie gehad het.

Andrea ·

Sarie, ek stem saam. Ek het ervaring van kinders met o.a. Down se sindroom wat by inrigtings afgelaai en vergeet is. Ek het a.g.v. die swaarkry wat ek gesien het as jong vrou besluit dat indien enige skandering ooit sou wys dat ek swanger is met n kind met n defek, ek n besluit sou moes neem: of jy versorg daardie kind vir altyd met liefde (maar wat word v hom as jy nie meer daar is nie?!) of jy laat n aborsie doen.

Sarie Steenkamp ·

Mag daar iemand met ‘n praktiese hand en nugtere denke wees om Emersyn te versorg en te beskerm as die ongenaakbare realiteit intree, en sy alleen en weerloos in hierdie wrede wêreld staan.

Dawie ·

Sarie ek stem heeltemaal saam. Dit help nie om met sterretjies in jou oë na die situasie te kyk nie. ‘n Mens moet nugter daaroor wees en besef as ouers gaan hulle al hoe ouer raak terwyl jou kind dieselfde sal bly. Wie gaan vir hierdie kinders sorg as die ouers nie meer kan nie? Nie almal het die familie of finansiele vermoë om voorsorg te tref nie.

Gesie ·

Nuusflits, Sarie en alle “normales.” Ons almal is weerloos in hierdie wrede wêreld. Enige dag kan enige van ons se snoesige, selfversekerde matjie onder ons uitgeruk word – die pragtige, “volmaakte” sonskyndogtertjie wat nou ‘n dwelmverslaafde is, die seun met soveel potensiaal wat in ‘n motorongeluk kom, die dinamiese vrou wat nou in haar oudag vereensaam in ‘n genadelose versorger se hande is… Mag elkeen van ons die liefdeloosheid en selfsug van hierdie wêreld gespaar word. Mag elkeen van ons sogenaamde “normale” mense ‘n “Emersyn se ma” hê die dag wanneer ons op ons weerloosste is. Wat is “normaal” in elk geval?

Alcia ·

Sarie Steenkamp. Jou hart is koud, maar ek vergewe jou. Daar is net so baie hartseer in die normale samelewing ook, net so baie weeskinders wat niks makeer nie. Moenie veralgemeen nie.

Sarie Steenkamp ·

Nee my hart klop groot en warm dankie, ook vir ouers wat kies om ‘n swangerskap te beëindig uit liefde vir die gestremde kind, en diepe besorgdheid oor die kind se welstand, lewenskwaliteit en lae vooruitsigte. Ek romantiseer gestremdheid nie, en projekteer nie my eie godsdienstige vroomheid op gestremdes en hul ouers nie, en daarom was hulle veilig by my. Ek is nie vals soos baie mense wat vroom kommentaar lewer maar sal weghardloop as hulle na gestremdes moet omsien nie, en die harde werklikheid in die gesig moet staar nie. Ek het my doodgedra aan ander mense se ongewenste gestremde kinders, en is dus gekwalifiseerd om my insigte te deel. Dalk is dit meer selfsugtig om gestremdes in die wêreld te bring, en meer gemaksugtig om hul versorging aan ander oor te laat, op ‘n vroeë of latere stadium, sonder enige oorweging van wat in die beste belang van die kind is? Ek is lank in die land, ek weet wat gebeur met gestremdes en wat van die hulpeloses word.

Gesie ·

Sarie, jy is skynbaar ook lank genoeg “in die land” om te dink die mens mag God speel. Jy is reeds ontnugter in hierdie lewe. Mag jy nie eendag aan jou eie genade oorgelaat word nie. Jy is meer kwesbaar as wat jy glo.

Jeanne ·

Ek wonder nou ook, as jou perfekte, normale kind ‘n in groot ongeluk sou wees, en hy of sy gestremd sou wees daarna, sou jy ook die reg wou he om hom of haar lewe te beeindig? As ‘n DOWN sindroom kind dan so ‘n groot las op ‘n ouer is (wat seker baie moeilik is) wat van ‘n kind wat 100% normaal in die lewe ingekom het en nou ‘n parapleeg is, spasties of verstandelik gestremd, waarheen met hulle?

charmaine ·

Dit is die mooiste ou dingetjie!! Hoop die dokter het besin maar soos die lewe vandag is draai alles om geld. Wie is hy om God te speel as die baba nie vir hulle bedoel was nie sou sy nie gebore gewees het nie. En God gee vir jou goeie en slegte ding wat hy weet ons kan hanteer dit is n toets om te sien gaan ons HOM hierin herken en herkenning gee. En Therese dalk praat jy van ondervinding van aborsie, maar dit bly elke persoon se keuse.

Hanlie ·

My dokter het vir my gese…..hy kan die toetse doen, maar ek moet vooraf besluit wat ek met daardie toetse wil maak. Indien ek niks met dit wil doen nie, dan doen ons nie die toetse nie, want die lewe binne my is kosbaar en perfek soos hy of sy moet wees. Ek het die dokter het ‘n lang en moeilike pad geloop tot ek “eindelik” swanger geraak het, maar hy was daar elke stap met positiwiteit….

Alcia ·

Nie almal hardloop weg nie Sarie. Die toekoms is onseker vir ons almal. Ek is baie lief en baie trots op my Hemelkind. Sal haar met my lewe beskerm en die vreugde wat sy my gee – ek ruil haar vir geen “normale” kind nie. net terloops, ek het ‘n normale kind ook…

Louise ·

Jy weet Sarie ek gee nie kommentaar oor ander sin nie.
Maar wat jy se laat my verstand te bowe, ek dink dit was vir jou meer n straf om jou werk te doen as n plesier. DUS besluit jy sommer vir die res wat in hulle belang mag wees en wat hulle toekoms in hou. Laat ek jou ook so se NIEMAND is selfsugtig nie. Niemand het beplan om n gestremde baba te verwag nie. Maar God het ons mense gemaak met harte wat verdraagsaa is teenoor ander ongeag waste omstandighede.
Nog n ding: ALLES wat in ons mag is al ons sintuie is n groot VOORREG en glad nie n REG nie.
Gaan vanaand op jou knee en dank God vir wat jy het, aanvaar mense ongeag van enige omstandighede vir wie en wat mense is. Mag God met almal wees en besef ons is almal uit een hand geskape en God besluit ons lewens roete. Nie selfsugtige ondakbare en onaageraakte mense in die lewe nie. Jou lewe is in God se hande, nie jou eie nie.

gatiep ·

Aborsie is net so goed soos moord pleeg.Daar is niks verskil tussen dokters wat dit doen en ISIS nie.Pragtige kind daai.

Babyface ·

ABORSIE bly MOORD , wie dit aanbeveel is net so skuldig soos die een wat dit gaan doen.

SI ·

En net so is daar baie ‘normale’ swangerskappe wat ook sulke afwykings (en nog baie meer!) het soos Sarie Steenkamp noem.,…en so word baie ‘normale’ kinders ook afgelaai by kinderhuise en ouers vergeet van hulle ….

Klara ·

En so lesers word die dokter, en ma en bespreek. Ek ken die pyn van noodoperasies, hart-defekte, kornia-inplantings en maande in die hospitaal, haar arms was gaar van die naalde, daar is niks romanties aan ‘n Downs kind nie, en gaan nugter in die ding in, en weet wat kom en kyk na statistiek oor die trauma en pyn en lyding wat op daai kind wag. En toe die masjiene afgeskakel word, en almal se lewens onherroeplik vernietig is, sal ek volgende keer, na die dokter luister.

Stefanie vd Merwe ·

As ons nie kan berus in die feit dat God in beheer en soeverein is nie, waarin kan ons berus? Ek berus daarin dat Hy skep en asem gee en dat Hy lewe en dood in sy hand hou. As ons met lewe en dood begin speel, is dit soos om ‘n lighuis te skuif. Ons moet dan nie verbaas wees as ons skip teen die rotse breek nie. Dis verkeerd as gestremde kinders afgelaai en vergeet word, maar ons kan nie ‘n verkeerd reg maak met nog ‘n verkeerd(aborsies) nie.

Tc ·

Die Here kies baie spesiale ouers uot vir sulke kindertjies,ons is nie almal so bevoorreg om so n kindtjie te hê nie,Dis regtig spesiale mense wat sulke kinders kry,kyk maar rond.Laat men’s wonder nê?

Elmarie Pretorius ·

Jul is almal saam jul Gods Geskenke Engele mag elkeen net Vreugde Liefde Alle 9 Gods vrugte ervaar. Ek het 3 Geskenke gekry van God en 3 mooi pragtige Kleinkinders jul wat so spesiaal is met daai Speaiale kroos ek is bky jul staan saam staan op en laat almal mooi verstaan GEEN VERSKIL van ons kids Amen

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.