Dokters vind bye in vrou se oog

Argieffoto van ‘n heuningby ter illustrasie (Foto: Myriams-Fotos/Pixabay)

ʼn 29-jarige vrou in Taiwan het onlangs ʼn hospitaal besoek weens ʼn oog wat geswel het. By die Fooyin-universiteitshospitaal het dokters egter vier lewendige bye in haar oog gevind – wat op haar trane oorleef het.

Asia One berig die dokters kon al vier bye uit haar oogkas haal.

Volgens die Guardian het die hospitaal se hoof van oogheelkunde, dr. Hung Chi-ting, tydens ʼn perskonferensie gesê hy het iets soos insekbene opgemerk. “Ek het hulle stadig en een-vir-een onder die mikroskoop uitgetrek sonder om hulle lyfies te beskadig.”

Hung het aan die BBC gesê die bye het ook die operasie oorleef en sal nou bestudeer word. “Dit is die eerste keer in my lewe wat ek só iets sien.”

Volgens Apple News Network, wat ʼn video van me. He en die perskonferensie by die hospitaal gedeel het, het die bye vermoedelik in haar oog beland toe sy onkruid uitgetrek het by ʼn familielid se graf. Sy het gevoel iets is in haar oog, maar het gedink dit is sommer net ʼn stukkie stof en het dit uitgespoel.

Die volgende dag was haar oog opgeswel en sy is hospitaal toe.

Sy het 80% van haar sig herwin ná sy vyf dae lank in die hospitaal gebly het. Haar sig is glo gered omdat sy nie haar oog gevryf het nie.

Die klein bytjies, bekend as Halictidae of “sweetbye”, word aangetrek deur menslike sweet. Hulle kom wêreldwyd voor.

WAARSKUWING: Die video is nie vir sensitiewe kykers nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

humor ·

Seker maar iets soos mopaniemiggies wat ook bietjie heuning maak, maar beslis nie die heuningbuie soos ons dit ken nie.

anna ·

ek het 18 jaar terug so geval gehad waar n antolo blowfly eiers in my oog gelê het, net van buite stap en dit het in my oog vas gevlieg, kort en lank van die storie is dat hulle 29 larwes en 70 eiertjies van my oog verwyder het, het 20% sig verloor maar dankbaar ek het teminste my oog. Was bitter seer en na baie medikasie. snaakse dinge gebeur.

Anton Esterhuizen ·

Ek aanvaar die voorwaardes en bepalings! Ek was ook vroeër by Maroela media . Dankie dat ek weer mag inteken!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.