Driejarige veilig toe vlieër met haar wegvlieg

Foto: Dainese Hsu/ANA

ʼn Driejarige meisie in Taiwan is veilig nadat sy Sondag by ʼn fees deur ʼn groot vlieër in die lug opgelig is, het die staatsbeheerde Central News Agency berig.

In video’s van die voorval het die meisie, wat sowat 13 kg weeg, in ʼn groot oranje vlieër se tou verstrengel geraak. Sy het aan die Hsinchu City International-vlieërfees deelgeneem. Sy is vir ongeveer 30 sekondes en ʼn paar meter hoog in die lug meegesleur.

Die vlieër is stadig grond toe gebring en mense op die grond het die meisie gevang, het CNA berig.

Sy was angsbevange en is na ʼn hospitaal geneem, maar sy het slegs geringe beserings aan haar gesig opgedoen.

Lin Chih-chien, burgemeester van Hsinchu, het op Facebook om verskoning gevra vir die ongeluk en gesê die regering sal die saak ondersoek om soortgelyke voorvalle in die toekoms te voorkom.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Fae Fubar ·

Bly sy is veilig. Unieke ervaring om eendag mee te spog.

Gawie ·

Redaksie – Tweede paragraaf: “Sy het deelgeneem aan die Hsinchu City International-vlieërfees deelgeneem.”

Megan Swart ·

Dagsê Gawie
Dankie vir jou kommentaar. Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die artikel is gewysig.
Dankie! Groetnis
Megan
nms Maroela Media

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.