Enkele tjippie vir R1 300 te koop

(Foto: aurora35o/eBay)

ʼn Enkele Hula Hoop-tjippie word vir £69 (meer as R1 300) te koop aangebied.

Die eBay-verkoper sê die tjippie is baie uniek, want dit lyk soos ʼn verkyker.

Die verkoper sê op die aanlyn afslaerswebwerf hulle het besluit om dié vreemde skyfie, wat hulle in ʼn groot pak Hula Hoops gevind het, te koop aan te bied omdat dit soos ʼn verkyker lyk. Die skyfie is nie die gewone ronde vorm nie en het twee kleiner sirkels wat aan mekaar verbind is. Die skyfie het ook ʼn ekstra stukkie wat byna soos ʼn handvatsel lyk, so mens kan die verkyker vashou.

ʼn Groot pak Hula Hoops kos 90 pennies (sowat R17) as mens dit by ʼn supermark in Marlow in die Verenigde Koninkryk sou koop.

Die anonieme verkoper is bereid om vir ʼn laer prys te onderhandel en adverteer die produk in die “totally bizarre”-kategorie op eBay se “Required Level of Weirdness”-skaal.

“Baie seldsame Big Hula Hoop tjippie!” lui die inskrywing. “Nog nooit vantevore gesien nie, ʼn unieke Big Hula Hoop wat soos ʼn deftige verkyker lyk.”

Daar was tot dusver nie enige aanbiedings vir die tjippie nie, maar 43 mense hou die item dop en hulle kan moontlik ʼn bod insit net voor die hamer val.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Misky ·

Ek kyk gewoonlik nie eens twee keer na ‘n snaakse vorm tjippie nie en verslind dit te vinnig. Gewoonlik in die fabrieke word die “nie perfek gevormde produkte” uitgegooi en diè ou sien ‘dollar signs’!!! Kan jy nou meer en wonder of iemand dit werklik sal koop.

KarooKnapie ·

Ek het ‘n gladde band agter in my erf wat met die regte rim soos n formula 1 wiel sal lyk… wonder hoeveel ek vir hom sal kan kry…

Sheree ·

Ek het ‘n pastei waaruit ek ‘n hap gevat het, enige kopers hier vir R100? Lol.. Mense van vandag.

AmY ·

MM; kan julle asb vir my sê waarom julle artikels direk oorgaan Engels wanneer ek dit opmaak? Selfs die kommentare is in Engels.
Dan moet ek die Afrikaanse opsie kies.
Dis nie ‘n probleem nle, ek wonder net waarom dit gebeur? Lê die fout by my kant?

Sune van Heerden ·

Dagsê AmY
Dankie vir jou terugvoer. Dis baie vreemd.
Kan jy dalk laat weet of dit direk op die app of op die webwerf (m.a.w. jou nuus op maroelamedia.co.za lees) is wat jy die teks in Engels sien?
Ons sal graag verder wil ondersoek instel. Stuur asseblief vir ons ‘n skermskoot per e-pos aan [email protected], dan help ons graag verder.
Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Sandra ·

LMGA mense sal enigiets koop. Ek wed jou iemand sal daardie tjippie koop vir daardie prys. Ek sal van nou af met nuwe oe na snaakse tjips kyk, Miskien kan ek ook iets uit dit maak.

Faraway ·

Kan jy nou meer, bestaan dit nog . . . Hoola Hoops uit vervloeë se dae???
Dis iets wat ek nog op laerskool in die laat 70tigs in Pretoria gekoop en geëet het en met soveel lekkerte my vingers vol daarvan gemaak het!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.