Foto’s: Vreemdste maskers ooit

Foto: Subway Creatures/Instagram

Saam met mens se sleutels, beursie en selfoon is ʼn gesigmasker deesdae een van die goed waarsonder jy nie die huis kan verlaat nie.

Daar is egter heelwat mense wat baie kreatief raak met hul, hoofsaaklik twyfelagtige, gesigbedekkings.

Een Instagram-gebruiker publiseer gereeld foto’s van persone wat hy op die New Yorkse moltrein teëkom. Hy het ook begin om foto’s van persone en hul vreemde maskers te deel.

Daar is plastiekbottels, en plastieksakke, stukkies papier, sneesdoekies, emmers, een van die sewe dwergies en selfs iemand wat ‘n boodskap geskryf het vir haar mede-pendelaars.

Dis duidelik dat talle van dié maskers hoegenaamd nie doeltreffend sal wees nie, veral nie as die neus en mond nie bedek is nie.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Misky ·

Sjoe lanklaas so lekker gesit en giggel agter my lessenaar – ha ha ha ha

Byekonfyt ·

Komieklik!! Maar daar is een of twee wat soos rowers lyk.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.