Emily Seilhamer van Pennsilvanië in die VSA het vier jaar lank lekkergoedpapiere bymekaargemaak sodat sy vir haar ʼn rok kon maak.
Sy het ook nie sommer enige lekkergoedpapiere gebruik nie, maar dié van ʼn spesifieke lekker genaamd “Starburst” – ʼn toffielekker wat in vrugtegeure beskikbaar is.
“Dit is my man se gunstelinglekkers. Hy het vir my ʼn Starburst aangebied met ons eerste ontmoeting,” sê Emily.
Haar hele gesin het hul kant gebring om soveel moontlik papiere bymekaar te maak totdat hulle 10 000 papiere bymekaargeskraap het.
“Ek het die papiertjies in kleure gesorteer, elkeen gestryk, netjies inmekaargevou en toe met elastiese garing aanmekaargewerk.”
Selfs mense wat nie ʼn soettand het nie, sal dié rokkie waardeer, of hoe?
- Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer
- Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer
- Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer
- Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer
- Foto: Facebook/Artistry and Upcycling by Emily Seilhamer
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
13 Kommentare
Sjoe, wonder wat het dit op die ou end gekos.
Ekt n rok van koerante gemaak en meestal die fotos van gebeure oor n jaar gebruik. Was vir n wedstryd. Aardklop wou my rok uitstal maar die model wat my rok gedra het se ma het opgedaag en terwyl ek n onderhoud gedoen het toe skeur sy my rok van haar model dogter af want hulle was haastig.
Ek was bitter ongelukkig. Dit was onherstelbaar.
Mooi rok, goeie beplanning!
Ah….dit is “sweet.”
Dit is darem baie kreatief
Wow dis fabulous!!!