Goue troon uit paleis gesteel

Foto: Blenheim-paleis

Die Britse polisie is steeds op soek na ʼn goue toilet, ter waarde van £4,8 miljoen (byna R87,5 miljoen) wat uit ʼn paleis in Engeland gesteel is.

Die toilet van 18 karaat goud, wat in die Blenheim-paleis gestaan het, is vervaardig deur die Italiaanse kunstenaar Maurizio Cattelan.

Die kunswerk, wat ten volle gewerk het, is “America” genoem. Dit is Saterdagoggend vroeg uit die paleis gesteel, het die Thames Valley-polisie gesê. ʼn 36-jarige man van Cheltenham en ʼn 66-jarige man is reeds in hegtenis geneem in verband met die diefstal. Die 36-jarige man is vrygelaat hangende verdere ondersoek en die 66-jarige man is vrygelaat op borgtog. Hy moet 9 Oktober weer in die hof verskyn.

Die toilet is geïnstalleer in die vertrek oorkant die kamer waar Sir Winston Churchill in dié 18de-eeuse Oxfordshire-landgoed gebore is. Dit was deel van Cattelan se eerste solo-uitstalling in 20 jaar. Die toilet is gesteel een dag ná die uitstalling sy deure oopgemaak het.

Volgens speurder-inspekteur Steve Jones is die polisie se prioriteit nou om die gesteelde kunswerk op te spoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Nix ·

Hier gaan ons net Witbank toe..

Die koningin is seker nou in die knyp nou dat sy haar duur ringsitting kwyt is!

Blommie ·

As jy sulke tiepe items het met die waarde verbonde daaraan. Sal jy mos baie beslis die nodige veiligheid toepas.
Die lyk vir my na n OPEN and Closed saak. Nie n manier dat jy sonder veiligheid met n toilet van daai waarde by die voordeur uitstap nie.
Inside JOB!

SoosDitIs ·

Die dinge waarop mense geld spandeer en dan kuns wil noem laat my lag.

Willehond ·

Magtig! Hy sal darem lekker lees met n goeie boek saam!

Stephan de S ·

Baie snaaks…..die ringsitting sal nou agter n bos moet plaasvind. Hoop net nie hul raak bossies daar nie.

Jacques die Goodwoodianer ·

Die “lavvie” is uit die “lavish” leefstyl geneem. SA goud natuurlik…

Denise ·

Cry me a river !!!! CTM het n groot verskeidenheid en bilik met hul pryse!!!!

remondo ·

Die “pot” van goud het verdwyn ….. bwahahahahahahahaha!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.