Hond toe agter die stuurwiel tydens hoëspoedjaagtog

Argieffoto (Foto: Free-Photos/Pixabay)

ʼn Man van Washington in die VSA is in hegtenis geneem ná ʼn hoëspoedjaagtog toe beamptes die man se pitbull agter die stuurwiel aangetref het.

Die polisie het Sondagmiddag oproepe ontvang van ʼn bestuurder wat reeds twee voertuie in Seattle getref het en daarna weggejaag het, het Heather Axtman, woordvoerder van die verkeerspolisie, gesê.

Sy het gesê nooddienste het daarna ook verskeie oproepe ontvang oor ʼn motor wat roekeloos bestuur word teen meer as 160 km/h.

Axtman het gesê verkeersbeamptes het die motor, ʼn 1996 Buick, agternagesit en was geskok om die hond in die bestuurder se sitplek te sien. Die man het van die passasierskant die petrolpedaal getrap en die stuurwiel beheer.

Die jaagtog het tot ʼn einde gekom toe die polisie spykerstroke oor die pad opgestel het. Alberto Tito Alejandro (51) staan tereg op verskeie aanklagte, insluitend bestuur onder die invloed van dwelmmiddels.

“Hy het aan verkeersbeamptes gesê hy probeer sy hond leer hoe om te bestuur,” het Axtman gesê en laggend bygevoeg: “In die 10 jaar wat ek al ʼn verkeersbeampte is, het ek al baie verskonings gehoor, maar nog nooit dat ʼn hond bestuur nie.”

Die pitbulltefie is in ʼn diereskuiling geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Stof ·

Oor diere wat bestuur:
Tegnologie wat na bewering jou voertuig veilig huis toe kan bestuur, is geen nuwe tegnologie nie. Voor die koms van binnebrandmasjiene, kon die perd sy dronk baas veilig en sonder insident huis toe neem. Toe kom Henry Ford…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.