Jhb-ma ontdek 11-jarige is besig om Rolls-Royce te ‘koop’

Argieffoto (Foto: charlie0111 / Pixabay)

X (Twitter)-gebruiker @Yollymthithala het ʼn skermskoot van ʼn ma se Facebook-plasing gedeel waar sy wou weet hoe gereeld ander ouers hul kinders se WhatsApp-boodskappe monitor.

In die plasing het die ma ontdek dat haar 11-jarige seun, Kamogelo, in gesprek is met ʼn Daytona-verkoopsman in Melrose Arch om ʼn Rolls-Royce te koop. En nie net sommer enige Rolls nie – Kamogelo is op soek na die Phantom Billionaire Edition.

Kamogelo het selfs navraag gedoen of verkoopsman Grant Baben enige afslag kan aanbied. Baben nooi hom uiteindelik om eerder die verkoopsaal te besoek.

In ʼn opvolg-plasing het Yolly bevestig dat Grant hom genooi het om na die motor te kom kyk en het hom ook vir ʼn toetsrit genooi.

ʼn Video waar Kamogelo in die luukse motor rondgery word, is baie gewild.

“Kamogelo is ʼn kampioen,” skryf een kyker in die kommentaar. “Dit is die drome wat mense uiteindelik laat waar word. En hy weet hoe groot sy droom is, ek bedoel, hy kon dieselfde met Volkswagen gedoen het. Hy weet hoe buitengewoon dit is en hy sal dit regkry.”

Daytona het intussen ook foto’s gedeel van Kamogelo se groot dag:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Martie ·

Beskou hom as held, hy moet ‘n verdomde pak slae kry en die verkoopsman moet ontslaan word. Dis presies sulke gedrag wat maak dat mense in hierdie land handuit ruk. Geen dissipline nie.

Duck ·

Die verkoopsman verkoop seker so min van die duur karre, dat dit nou sy hoogte punt was van sy loopbaan! Werk seker nie meer daar nie

Meisie ·

Hoekom moet die verkoopsman ontslaan word? Ek is seker hy sou reelings tref en dit nie net self doen nie. Puik gedaan dat hy almal met dieselfde respek hanteer! Julle moun die lewe is suur maar ek sien waar dit vandaan kom..

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.