Kaartjie is toe grootste geskenk vir bedelaars

Argieffoto (Foto: Michal Husák/Pixabay)

Vier hawelose mense het nooit kon dink watter geskenk vir hulle opgesluit lê toe ʼn goedhartige persoon vir hulle ʼn krapkaartjie gegee het nie.

Die Franse lotery-operateur FDJ het Dinsdag gesê die vier mans, in hul 30’s, het buite ʼn loterywinkel in Brest in Frankryk staan en bedel toe ʼn klant vir hulle ʼn krapkaartjie gegee het wat hy vir €1 gekoop het.

“Dit was ʼn groot verrassing toe hulle die kaartjie krap en op €50 000 (meer as R975 000) afkom,” het FDJ in ʼn verklaring gesê.

Die vier mans het die meevallertjie gelykop tussen mekaar verdeel. Hulle het glo nie dadelik ʼn plan gehad vir die geld nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Moedeloos ·

Daai goedhartige persoon kan seker nou sy hare uit sy kop trek. Hoop net hierdie gelukkige mense gebruik die geld oordeelkundig.

Vriendelike Frikkie ·

Baie mense kom net nie voor nie. Ek kry R10 000 ‘n maand en dan nog omtrent R2000 vir my empties en ek kan net nie voor kom nie.. ;-)

Moedeloos ·

Tyd dat empties se pryse verhoog word. Als verhoog mos deesda ☺

Mieke ·

Vir seker het alles baie duurder geword! Waar ek eers redelik oor die weg kon kom, kry ek dit maar moeilik reg deesdae…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.