Kleuter se versiering van Kersboom laat talle glimlag

Foto: @acthomas_books
/Twitter

ʼn Kleuter het sosialemediagebruikers aan die lag nadat sy haar ouma se Kersboom vir die feestyd versier het.

ʼn Foto van die Kersboom is deur die kleuter se ma, AC Thomas, op Twitter gedeel en intussen meer as 410 000 keer gelike.

Op die foto lyk die groot boom redelik yl, met ʼn silwer engel bo-op en ʼn paar sneeuvlokkieversierings rondom. Die onderste kwart is egter vol rooi en silwerkleurige versierings – dit strek egter net tot die kleuter se lengte.

Sosialemediagebruikers het ook hul menings oor die kind se versieringsvermoë uitgespreek.

“Die onderkant lyk baie mooi. Jou kind het ʼn goeie oog, sy het net ʼn bietjie hoogte nodig,” skerts een gebruiker.

Iemand anders meen dat die katte wat daar woon waarskynlik baie opgewonde is oor die nabyheid van die versierings.

“Oulik! Dit sal ʼn uitstekende groeigrafiek so deur die jare skep,” het nog een getwiet.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Eend Bessinger ·

Oulike kind! Ma of ouma moes haar net opgetel het om die res te versier…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.