ʼn Koedoebul het vandeesweek mense se monde laat oophang toe hy doodluiters “inkopies” by ʼn winkel in Karibib in Namibië gedoen het.
Die Republikein het berig dié winkel, waarvan die naam nie bekend is nie, behoort aan Bernard en Engela Pieters.
Pieters het aan dié koerant gesê die voorval het skuins ná 08:00 Sondagoggend gebeur.
Hy was aanvanklik onseker oor ʼn gedruis in die winkel wat hy uit sy kantoor kon hoor, maar het kort daarna op die koedoebul afgekom.
Pieters het gesê die bul was veral geïnteresseerd in die groenterak en spesifiek die piesangs.
Hy het egter gesukkel om enigiets gehap te kry omdat sy pote konstant op die teëlvloer gegly het.
Die winkelpersoneel kon die koedoe uit die winkel jaag.
Pieters het ook vertel dié koedoebul se nuuskierigheid is heel waarskynlik die gevolg van die voortslepende droogte in Namibië.
Die koedoebul kon egter nie te dors gewees het nie, want hy is blitsig verby die drankwinkel.
Bron: Die Republikein
Hoe lekker lag ek vir die bulletjie wat nee sê vir sy knertsie!
Ag siestog. Ek hoop hulle het vir hom iets gegee om te eet. Maar klink of hulle hom net verwilder het. Ek sou iets gegee het om te eet. As jy honger is, is jy honger.
Ek hoop hy het darem betaal.
opphang, net ‘n klein tikfoutjie
Pasop vir dolsiekte… ek sê maar net.
Ek het die tipe ding al in die droogte gesien op ons plaas in Namibië.
Hi Bernard. Is jou Pa Ben Pieters wat op Kakamas grootgeraak het.?
Nee, Kyk hy het besef dis is n Sondag, moet maar verby hou by die drankwinkel. Watse tipe voorbeeld sal hy dan nou vir die klein kudutjies stel…….
Stem saam met Theresa……. hulle kon darem ‘n paar piesangs verniet, gratis en pasella gegee het.
NICKEY
Ahahahahahaha maar dis ‘n mooi koedoe, die natuurskoonheid is ons erfenis vanaf God gegee dat mense dit kan koester en bewaar.