Kommer oor roomys wat nie smelt nie

Skermgreep uit ʼn video van ʼn gedeeltelik gesmelte Chicecream-roomys ná dit 40 minute lank in temperatuur van sowat 25 °C gestaan het (Qiang Jun/China Daily)

ʼn Chinese handelsmerk wat in ʼn stadium as die luukse “Hermès van roomyse” genoem is, het onder skoot gekom ná internetgebruikers gesê het sommige van sy produkte smelt glad nie – selfs nie wanneer dit met ʼn blaasvlam gebak word nie.

Video’s wys Chicecream se roomyse bly solied wanneer vuuraanstekers daar naby gehou word. Die video’s wys dat die roomys nie heeltemal smelt wanneer dit vir ʼn uur lank in ʼn vertrek van 31 °C staan of onder ʼn baie warm vlam gehou word nie.

Die beeldmateriaal het opslae gemaak op sosiale media en gebruikers bevraagteken die maatskappy se duur pryse en of die produkte oorlaai word met bymiddels. Die duurste Chicecream, die “Zhong Xue Gao” kos 66 yuan (sowat R165).

Die maatskappy het Woensdag gesê sy produkte voldoen aan nasionale voedselveiligheidregulasies.

“Ons glo dit is nie wetenskaplik om die gehalte van roomys te oordeel deur dit te bak, uit te droog of te verhit nie,” het die handelsmerk in ʼn Weibo-plasing gesê.

AFP kon nie die video’s verifieer nie en die stabiliseerders, ʼn bymiddel wat gebruik word om die struktuur in kos te behou en algemeen in massavervaardigde roomyse gebruik word, word algemeen goedgekeur vir gebruik, insluitend deur die Amerikaanse voedsel-en-medisyneowerheid (FDA).

Wang Silu, ʼn senior nasionale voedselinspekteur, het ook gesê die produkte wat gebruik word om die roomys te verdik, is veilig.

Chicecream bemark sy produkte as ʼn Chinese alternatief tot Westerse handelsmerke soos Magnum en Häagen-Dazs en gebruik glo natuurlike bestanddele en ontwerpe wat geïnspireer is deur plaaslike produkte.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

KwaaiRooikop ·

Daar is baie op die internet te sien oor hoe China baie kossoorte vervals, plastiek rys, plastiek eiers binne in ‘n dop en al, vals sushi etc. Ek kyk baie versigtig wat op my kos labels staan deesdae…as dit van China af kom, hou verby…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.